Macchi C.200

Die Macchi C.200 Saetta was 'n Italiaanse vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was een van die hoofvegvliegtuie van die Regia Aeronautical waarmee Italië die oorlog begin het. Die vliegtuig is ontwikkel na aanleiding van 'n spesifikasie vir 'n enkelsitplekvegvliegtuig deur die Italiaanse Lugmag.

Macchi C.200
TipeVegvliegtuig
VervaardigerAeronautica Macchi
Nooiensvlug24 Desember 1937
Bekendstelling1939
Onttrek1947
StatusUit diens gestel
HoofgebruikerItaliaanse Lugmag
Aantal gebou1 151
WeergawesMacchi C.202

Die doelwit was om die hele Italiaanse Lugmag van vooraf toe te rus met beter vliegtuie nadat die Italiaanse militêre bedrywighede in Oos-Afrika tot 'n einde gekom het. Die prototipe het sy nooiensvlug op 24 Desember 1937 onderneem en teen die tyd dat Italië sy toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog in Junie 1940 maak, was daar reeds 156 van die vliegtuie in diens. Die vliegtuig se eerste aksie was teen die Britte by Malta en het ook aksie beleef in Griekeland, Noord-Afrika, Joego-Slawië en die Sowjetunie.

Die Saetta het ook teen Amerikaanse magte in Noord-Afrika geveg en ook ter verdediging van Italië self. Daar was 1 151 van die vliegtuie gebou.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Macchi M.C.202:
ItemStatistiek
Aantal motore1
Tipe motorSkroef
VervaardigerFIAT A.74 RC38 dubbelry, 14-silinder stermotor
Kraglewering per motor870 perdekrag
Vlerkspan10,58 m
Lengte8,19 m
Hoogte3,5 m
Vlerkoppervlakte16,8 m2
Maks. opstygmassa2 590 kg
Maks. snelheid502 km/h
Operasionele hoogte8 900 m
Togafstand870 km
Klimvermoë3 000 m in 3 minute en 24 sekondes
BewapeningTwee 12,7 mm gesinchroniseerde masjiengewere

Sien ook

Bron