Maat Mons

Maat Mons is 'n enorme skildvulkaan, die tweede hoogste berg en hoogste vulkaan, op die planeet Venus. Dit rys 8 km bo die gemiddelde planeetradius uit, en 4,9 km bo die omringende vlaktes.[1] Dit is genoem na die Egiptiese godin van waarheid en die reg, Maät.

Maat Mons
Maat Mons word op hierdie driedimensionele perspektief van die oppervlak van Venus aangetoon met die vertikale skaal vermenigvuldig met 22,5.
Maat Mons word op hierdie driedimensionele perspektief van die oppervlak van Venus aangetoon met die vertikale skaal vermenigvuldig met 22,5.
SoortVulkaan
Ligging0°30′N 194°36′O / 0.5°N 194.6°O / 0.5; 194.6
Hoogte4,9 km
Deursnee395 km
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Struktuur en aktiwiteit

Maat Mons het 'n groot kaldera van 28 × 31 km op sy kruin. Binne die kaldera is daar nog minstens vyf kleiner kraters van tot 10 km breed.[2] Minstens twee grootskaalse instortingsvoorvalle het al op Maat Mons voorgekom.[2]

Onlangs studies het aangetoon die vulkaanstruktuur, verspreiding van lawastrome, kraters, kruinvorm en ander kleiner verskynsels dui op onlangse aktiwiteit op Maat Mons.[3] Hedendaagse uitbarstings op Maat Mons is egter nog nie bevestig nie.

Verwysings

Skakels