Love, Antosha

2019-film deur Garret Price

Love, Antosha is 'n dokumentêre rolprent uit 2019 wat geregisseer en vervaardig is deur Garret Price. Die rolprent handel oor die lewe en loopbaan van die akteur Anton Yelchin, wat in 2016 oorlede is. Die rolprent het sy première ontvang in die dokumentêre première kategorie tydens die 2019 Sundance-rolprentfees op 28 Januarie 2019. Die rolprent is vrygestel deur Lurker Productions in New York en Los Angeles in Augustus 2019.[3]

Love, Antosha
RegisseurGarret Price
VervaardigerAdam Gibbs, Drake Doremus
VertellerNicolas Cage
Met
Musiek deurSaul Simon MacWilliams
KinematografieRadan Popovic
RedigeerderGarret Price
VerspreiderLurker Productions
Uitgereik28 Januarie 2019 (2019 Sundance-rolprentfees), 2 Augustus 2019
Speeltyd92 minute
LandVerenigde State
Bruto wins$50,168[1][2]

Onderwerp van rolprent

Die rolprent onthul Yelchin se stryd met sistiese fibrose. Sy ouers het hom van sy siekte ingelig toe hy 17 was, en hy het dit weggesteek van sy vriende, kollegas en die publiek. Die rolprent beeld verder Yelchin se passie uit vir sy artistieke strewes en sy noue verbintenis met sy ouers. Nicolas Cage is die verteller van die rolprent, en lees Yelchin se verskeidenheid skrywes en gedagtes voor.[4]

Onderhoude

† = Persoon waarmee onderhoud gevoer is dood voor die rolprent se vrystelling.

Vervaardiging

Jon Voight, wat saam met Yelchin gespeel het in die kortfilm Court of Conscience uit 2015, het aanvanklik aan Yelchin se ouers voorgestel dat 'n dokumentêre rolprent oor Yelchin se lewe gemaak word. Sy ouers het eers uitgereik na Drake Doremus, wat die regisseur was van die rolprent Like Crazy, waarin Yelchin gespeel het, maar Doremus was van mening dat sy verhouding met Yelchin te nou was om die rolprent te regisseer, en het Garret Price as regisseur voorgestel.[5][6]

Resensies en ontvangs

Metacritic het 'n gemiddelde punt van 78, wat gebaseer is op 14 resensies, met die aanduiding "deurgaans gunstige resensies".[7]

Stephen Farber van The Hollywood Reporter het gesê dat Love, Antosha "'n ryk reminissensie is van 'n begaafde akteur wat veels te jonk gesterf het".[8] Kenneth Turan van die Los Angeles Times het in sy openingskommentaar gesê: "Jy voel die liefde aan in 'Love, Antosha', dis vir seker. Maar jy voel ook iets anders aan, 'n verdriet wat jou byna oorweldig".[9]

Verwysings

Eksterne skakels