London City-lughawe

London City-lughawe (IATA: LCY, ICAO: EGLC) is die kleinste van die vyf lughawens in Londen. Die lughawe is in 1987 geopen en lê in Docklands, in die oostelike deel van die stad, nie te ver van die stadskern af nie. Die lughawe het 'n aanloopbaan van slegs 1650 meter en daar is geen verbindingspaaie nie. Die lughawe hanteer tans ongeveer 3.4 miljoen reisigers per jaar, hoofsaaklik sakereisigers, wat voordeel trek uit die kort afstand tussen die lughawe en die stad.

London City-lughawe
IATA: LCYICAO: EGLC
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar
EienaarKonsortium van AIMCo, OMERS, OTPP en Kuwait Investment Authority
OperateurLondon City Airport Ltd.
BedienLonden, Verenigde Koninkryk
LiggingSilvertown
Hoogte bo seevlak19 vt / 6 m
Koördinate51°30′19″N 0°03′19″O / 51.50528°N 0.05528°O / 51.50528; 0.05528
Webtuistelondoncityairport.com
Landkaart
EGLC is in Groter Londen
EGLC
EGLC

Ligging binne Groter Londen

Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
09/271 5084 948Gekeepte beton
Statistieke (2020)
Passasiers905 326
Passasierverskil 18–19 5,7%
Lugbewegings80 751
Bewegingsverskil 18–19 3,0%
Bronne: VK Lugvaart-Inligtingspublikasie by NATS[1]
Statistiek van VK Burgerlugvaartowerheid[2]
'n De Havilland Canada Dash 7 maak sy steil nadering na LCY vanuit die weste terwyl 'n London City Airways DHC-7 voorberei om te vertrek na Amsterdam in 1988

In 'n meningspeiling onder reisdeskundiges, wat in 2014 in opdrag van Private Fly, 'n privaat aanlyn-besprekingsdiens vir lugpassasiers, gedoen is, is 'n landing op dié lughawe as een van die wêreld se tien opwindendste vlugervarings aangewys.[3]

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.