Ljubljana

Ljubljana (Sloweens: [ʎubˈʎa:nʌ], ; Duits soms ook: Laibach; Italiaans: Lubiana; Latyn: Labacum) is die hoofstad en grootste stad van Slowenië met 'n bevolking van 278 789 in 2015 en 'n oppervlakte van 163,8 km². Ljubljana is die kulturele, wetenskaplike, ekonomiese en administratiewe sentrum van die land. Die stad is aan die monding van die Ljubljana-rivier in die Sava, 'n sytak van die Donau, geleë. In 2021 is die werk van Jože Plečnik in Ljubljana as 'n mensgesentreerde stedelike ontwerp deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Ljubljana
Laibach • Lubiana

Ligging in SloweniëWapen
Vlag
 LandVlag van Slowenië Slowenië
 Koördinate46°03′N 14°30′O / 46.050°N 14.500°O / 46.050; 14.500
 Eerste historiese verwysing1144
 Oppervlakte: 
 - Totaal163,8 vk km
 Hoogte bo seevlak295 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2015)278 789
 - Bevolkingsdigtheid1 702/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterZoran Janković (PS)
 Amptelike Webwerfljubljana.si

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ljubljana.
  • (en) Toerisme-inligting oor Ljubljana op Wikivoyage
  • Amptelike webwerf
  • (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
  • (en) "Ljubljana". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Julie 2021.