La Paz

regeringsetel van Bolivië

La Paz [la 'pas] (Spaans: La Paz de Ayacucho, Aymara: Chukiagu) is die regeringsetel van Bolivië en die hoofstad van die departamento La Paz (die amptelike Boliviaanse hoofstad is nog steeds Sucre). La Paz lê teen die noordwestelike hang van die Cordillera Real-bergreeks, sowat 3 600 tot 3 700 meter bo seevlak, in die onvrugbare riviervallei van die Río Choqueyapu (Río de la Paz). Die stadsgebied word deur die sneeubedekte bergspits Illimani (6 882 meter) oorheers.

La Paz

KaartWapen
Vlag
 Land Bolivië
 Departamento La Paz
 ProvinsiePedro Domingo Murillo
 Koördinate16°29′S 68°8′W / 16.483°S 68.133°W / -16.483; -68.133
 Stigting20 Oktober 1548
 Oppervlakte: 
 - Totaal470 vk km
 Hoogte bo seevlak3 600 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2006)1 872 480
 - Bevolkingsdigtheid6 275/vk km
 TydsoneUTC -4
 BurgemeesterJuan del Granado
 Amptelike WebwerfGobierno Municipal Geargiveer 28 Augustus 2008 op Wayback Machine

Geskiedenis

La Paz is amptelik op 20 Oktober 1548 deur die Spanjaarde gestig en het destyds 'n ou Inka-stad vervang. Die huidige La Paz is 'n moderne metropool met 'n bevolking van meer as 1,8 miljoen in die metropolitaanse gebied en dien as die kulturele, nywerheids-, handel- en opvoedkundige sentrum van Bolivia. La Paz beskik oor 'n aantal universiteite waarvan die oudste in 1674 gestig is, en 'n aantal wetenskaplike en kulturele instellings.