Kusile-kragstasie

Die Kusile-kragsentrale (voorheen bekend as die Bravo-kragsentrale) is 'n kragsentrale 15 km noord van die Kendal-kragsentrale naby Witbank in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die kragsentrale is steenkool-aangedrewe en word deur Eskom bedryf. Wanneer die stasie voltooi is, sal dit na verwagting uit ses 800 megawatt eenhede bestaan met 'n totale kapasiteit van 4 800 megawatt.[1]

Kusile in 2019, vanaf die N4-snelweg gesien.
Kusile onder konstruksie in 2014
Kusile-kragstasie is in Suid-Afrika
Kusile
Kusile
Ligging van die Kusile Kragsentrale

Konstruksie het in Augustus 2008 begin. Die eerste eenheid sou in September 2012 aanlyn kom, en die laaste een in Oktober 2014. Die projek is egter vertraag en na verwagting sal die eerste eenheid eers in Julie 2016 en die laaste sou in Junie 2019 in werking gestel word.[2] In Maart 2020 is in die parlement onthul dat die konstruksiebegroting van Kusile na verwagting tot R161,4 miljard sou styg en die voltooiingsdatum sal teruggeskuif word na 2023.[3]

Die eerste eenheid het op 30 Augustus 2017 en die tweede eenheid op 29 Oktober 2020 begin om krag aan die nasionale netwerk te lewer.[4] Elke eenheid kan tot 800MW tot die netwerk toevoeg.

Verwysings

Eksterne skakels

25°54′59″S 28°55′02″O / 25.91639°S 28.91722°O / -25.91639; 28.91722