Kuras

'n Kuras of bors- en rugharnas, is saam met die helm een van die oudste militêre uitrustings en is onder meer deur kurassiere gedra. Die rede hiervoor is eenvoudig: in teenstelling tot verwondings aan arms en bene, wat in die Klassieke Oudheid net soos in die moderne tyd meestal maklik genees het, was verwondings waar die liggaamsholte deurboor is gewoonlik dodelik. Teenswoordig is die tipe verwondings nog steeds baie ernstig, veral vanweë die kans op infeksies. Die woord "kuras" is vernoem na die oorspronklike materiaal waarvan dit gemaak is (leer) en is afkomstig van die Latynse "coriacea" en Franse "cuirace". Die gebruik van die term "kuras" verwys gewoonlik na beide die borsplaat (-harnas) en rugkant. Terwyl 'n borsharnas slegs die voorkant beskerm, en 'n rugharnas slegs die rug, beskerm 'n kuras beide die voor- en agterkant.[1][2][3] [4] [5]

Keiser Augustus in 'n triomferende houding, waarskynlik tydens die Slag van Actium

Die klassieke borsharnas

Die eerste beelde van harnasse is afkomstig uit die Egiptiese- en Griekse kulture. Sedertdien het die harnas voortdurend ontwikkel. Die klassieke harnas, wat gemaak is van stewige leer, of gesmee is uit een of twee metaalplate, was egter nie baie prakties nie omdat dit bewegingsvryheid drasties beperk het. Boonop was dit duur om 'n harnas te maak, sodat net die bevelvoerders en die wat dit kon bekostig een gedra het.

Galery

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.