Konagamana Boeddha

antieke Boeddha

Konagamana (Pali) of Kanakamuni (Sanskrit) is een van die antieke Boeddhas wie se biografie aangeteken is in die Boeddhavamsa,[1] een van die boeke van die Pali-kanon.

Konagamana Boeddha
’n Standbeeld van Konagamana Boeddha.
’n Standbeeld van Konagamana Boeddha.
Ander name Kanakamuni (Sanskrit)
Persoonlik
GeboreOp ’n Woensdag in Subhagavatipark, Sobhavati (nou in Nepal)
Loopbaan
TitelDie Boeddha
Voorganger Kakusandha Boeddha
OpvolgerKassapa Boeddha
Vertalings
SanskritKanakamuni
PaliKoṇāgamana
Singaleesකෝනාගමන බුදු රජානන් වහන්සේ
TibettaansSerthub
ViëtnameesPhật Câu Na Hàm Mâu Ni
Tradisionele Sjinees拘那含牟尼
MongoolsКанагамуни (Kanagamuni)
Japannees拘那含牟尼; くなごんむに (Koenagonmoeni)

Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is hy die 26ste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is, die 5de van die Sewe Boeddhas van die Antieke Tyd, en die 2de van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.[2]

Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is:[3][4]

  1. Kakusandha
  2. Konagamana
  3. Kassapa
  4. Gautama (die huidige Boeddha)
  5. Maitreya (die toekomstige Boeddha)

Konagamana is op ’n Woensdag[5] gebore in Subhagavatipark in Sobhavati[1] (nou in Nepal).

Verwysings

Eksterne skakels