Knopiespinnekop

Knopiespinnekop is 'n algemene naam wat in Suider-Afrika gebruik word om te verwys na die plaaslike lede van die spinnekopgenus, Latrodectus, in die Theridiidae-familie. Hierdie spinnekoppe staan elders in die wêreld ook as weduweespinnekoppe ("widows") bekend.

'n Huisknopiespinnekop

Daar kom ongeveer ses Latrodectus-spesies in Suider-Afrika voor – vyf van hulle is inheems en een moontlik ingevoer.

Die knopiespinnekopfamilie

Die verskillende spesies word informeel in twee groepe verdeel, volgens hulle kleur:

Die swart knopiespinnekoppe is swart gekleur (gewoonlik met rooi dorsale merke), en sluit die volgende spesies in:

  • L. cinctus (Ooskusknopiespinnekop)
  • L. indistinctus (Weskusknopiespinnekop)
  • L. karooensis (Karooknopiespinnekop)
  • L. renivulvatus (Binnelandknopiespinnekop)

Al die bogenoemde spinnekopspesies kom endemies in Suider-Afrika voor.

Die bruin knopiespinnekoppe is ligter gekleur as die swart knopiespinnekoppe; daar bestaan twee bruin knopiespesies:

  • L. geometricus (huisknopiespinnekop)
  • L. rhodesienses (Zimbabweknopiespinnekop)