Knokke-Heist

Knokke-Heist is 'n Belgiese munisipaliteit in die noorde van die Vlaamse provinsie Wes-Vlaandere. Knokke-Heist grens aan die Nederlandse provinsie Zeeland. Die munisipaliteit het 33 556 inwoners (1 Januarie 2014). Plekke in die munisipale gebied van Knokke-Heist is Knokke, Heist, Duinbergen, Westkapelle en Ramskapelle. Knokke beskik oor 'n spoorwegstasie.

Knokke-Heist

KaartWapen
Vlag
 Land België
 Provinsie Wes-Vlaandere
 Koördinate51°20′29″N 3°17′13″O / 51.3414°N 3.2869°O / 51.3414; 3.2869
 Oppervlakte: 
 - Totaal56,44 vk km
 Hoogte bo seevlakm
 Bevolking: 
 - Totaal (1 Januarie 2014)33 556
 - Bevolkingsdigtheid600/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterLeopold Lippens
 Amptelike Webwerfknokke-heist.be

Knokke-Heist staan bekend vir die natuurreservaat die Zwin en vir sy talle kunsgalerye en modeboetieke. Die belangrikste winkelstrate is die Lippenslaan, die Dumortierlaan en die Kustlaan. Die munisipaliteit het in die 20e eeuw 'n gewilde toeristebestemming geword. Daar is verskeie hotelle en restaurante.

Strandpromenade in Knokke-Heist