Kimbundu

Kimbundu, ook Noord-Mbundu genoem, is een van Bantoetale wat Mbundu genoem word (die ander is Umbundu of Suid-Mbundu). Dit is die tweede mees verspreide inheemse taal van Angola met sowat 1,7 miljoen moedertaalsprekers (8% van die bevolking[4]) en word hoofsaaklik deur die Ambundu-volk gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken, naas die amptelike taal Portugees.

Kimbundu
Gepraat in:Vlag van Angola Angola 
Gebied:Kongorivier
Totale sprekers:1,7 miljoen[1]
Taalfamilie:Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoid
     Suidelike Bantoid
      Bantoetale
       Kimbundu 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Angola Angola (nasionale taal)[2][3]
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:kmb
ISO 639-3:kmb
Verspreiding van etniese groepe in Angola, 1970 (helderbruin: Ambundu)
'n Man uit Angola gee 'n voorbeeld van Kimbundu

Kimbundu word veral in die noorde van Angola oos van die hoofstad Luanda gebesig. Dit is in die provinsies Bengo, Cuanza Norte, Malanje en die noorde van Cuanza Sul versprei. Kimbundu is met Umbundu verwant, maar hulle is nie onderling verstaanbaar nie.

Verwysings