Keurboomsrivier

Die Keurboomsrivier is in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die rivier ontspring suid van Uniondale in die Langkloof en vloei dan in 'n suid-oostelike rigting. Hierna gaan dit verby De Vlugt en die Prins Alfredpas en bly noord van die R340 pad. Uiteindelik swaai die rivier suid, kruis die N2 nasionale pad en vloei in die Keurboomstrandmeer in, net noord van Plettenbergbaai. Die strandmeer mond uit in die Indiese Oseaan.

Keurboomsrivier
OorsprongWes-Kaap, Suid-Afrika
MondingIndiese Oseaan
StroomgebiedSuid-Afrika
Lengte85 km
Mondinghoogte0
Strandmeer in die Keurboomsrivier digby Plettenbergbaai

Vislewe

Die Slankrooivlerkie is endemies in die bergstroomsytakke van dié rivier en die Gouritsrivier.

Bronne

34°01′S 23°25′E / 34.017°S 23.417°O / -34.017; 23.417