Kepler-20

Kepler-20 is ’n ster sowat 950 ligjare van die Aarde af[1] in die sterrebeeld Lier. Dit het ’n stelsel van vyf bevestigde planete.[2] Die skynbare helderheid van die ster is 12,51 en dit kan dus nie met die blote oog gesien word nie. Dit is effens kleiner as die Son, met ’n radius van 94% en ’n massa van 91% dié van die Son. Die effektiewe temperatuur van sy fotosfeer is teen 5 466 kelvin effens koeler as dié van die Son. Dit is egter ook ’n geel dwerg van spektraaltipe G8.[3]

Kepler-20
Kepler-20e en 20f in vergelyking met die Aarde en Venus.
Kepler-20e en 20f in vergelyking met die Aarde en Venus.
SterrebeeldLier
SpektraaltipeG8
SoortHoofreeksster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming19h 10m 47,524s
Deklinasie+42° 20′ 19,30″
Skynmagnitude (m)12,51
Besonderhede
Massa (M)0,912
Radius (R)0,944
Ouderdom (jaar)8,8 miljard
Temperatuur (K)5 466
Afstand (ligjaar)950
Eienskappe
Planete5
Ander name
KOI-070, KIC-6850504, 2MASSJ19104752+4220194
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

In 2011 was dit nog nie bekend of dit ’n hoofreeksster is nie. Sy metaalinhoud is waarskynlik dieselfde as die Son s’n. Dit kan ouer as die Son wees, maar die foutgrens is taamlik groot.[4]

Planeetstelsel

Die span van die Kepler-ruimteteleskoop het op 20 Desember 2011 aangekondig dat ’n vyfplaneetstelsel ontdek is met drie klein gasreuse en die eerste twee aardgrootte-planete, Kepler-20e (die eerste bekende planeet kleiner as die Aarde wat om ’n hoofreeksster wentel)[5] en Kepler-20f, wat om ’n Son-tipe ster wentel.[6] Hoewel hulle omtrent so groot soos die Aarde is, is hulle baie nader aan hul ster as die Aarde en hulle val dus nie in die bewoonbare sone nie;[1] hul verwagte oppervlaktemperatuur is 760 °C en 427 °C onderskeidelik. Die ander drie Neptunus-tipe planete, Kepler-20b, c en d, is net so na aan die ster.[7][8]

Planete e en f se massa is onseker omdat dit te klein is om met huidige tegnologie deur middel van radiale snelheid vas te stel.[9]

Die Kepler-20-stelsel
Planeet of skyf
(vanaf ster)
MassaHalwe lengteas
(AE)
Wentelperiode
(dae)
EksentrisiteitBaanhelling
(°)
Radius
b8,7 M0,045373,6961219<0,321,91 R
e0,39–1,67 M0,05076,098493<0,280,868 R
c16,1 M0,093010,854092<0,403,07 R
f0,66–3,04 M0,110419,57706<0,321,034 R
d<20,1 M0,345377,61184<0,602,75 R

Verwysings

Eksterne skakels

  • Multimedia:
    • Video (01:33) Nasa Discovers First Earth-like Exoplanet Orbiting a Sun-like Star.

19h 10m 47.5s, +42° 20′ 19.4″