Kayes

Kayes (Bambara: Kayi, Soninké: Xaayi) is 'n stad in die weste van Mali in Wes-Afrika, en is op die oewers van die Sénégalrivier geleë. Tydens die 2009-sensus het dit 'n bevolking van 127 368 gehad.

Kayes
Kayi, Xaayi

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Mali Mali
 Koördinate14°27′N 11°26′W / 14.450°N 11.433°W / 14.450; -11.433
 Stigting1880's
 Oppervlakte: 
 - Totaalvk km
 Hoogte bo seevlak33 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2009)127 368
 - Bevolkingsdigtheidvk/km
 TydsoneUTC +01:00

Kayes is tans die hoofstad van die administratiewe streek Kayes, en was 'n voormalige hoofstad van Mali. Die naam Kayes is afgelei vanaf die Soninké woord "karré", wat 'n laagliggende, vogtige plek beskryf van tydens die droë seisoen oorstroom word.

Ligging

Gouina Waterval in die Sénégalrivier, Mali
Manantalidam, in die Senegalriver, Mali

Interessante plekke in die omgewing sluit die volgende in:Die stad is ongeveer 420 kilometer (260 myl) noordwes van die hoofstad Bamako geleë, en is redelik naby aan die grense van Mauritanië en Senegal. Die stad het sy eie lughawe, die Kayes Lughawe, en is verder per pad met die hoofstad verbind. Die toestand van die pad is egter baie swak en onveilig.

Geskiedenis

Voor die Franse koloniale uitbreiding plaasgevind het, was Kayes 'n klein dorpie. Sy ligging op die roete van die toekomstige Dakar-Niger-spoorlyn, asook die Franse behoefte aan handelsentra het tot die stigting van die Kayes markdorp in 1881 gelei. Dit bly ten spyte van die swak pad infrastruktuur 'n belangrike vervoersentrum, hoofsaaklik vir handel met Senegal. In 1892 het Kayes die hoofstad van Frans-Sudan geword. Dit is egter op 17 Oktober 1899 deur Bamako vervang, eers as die hoofstad van Haut Sénégal-Niger, en in 1908 as die hoofstad van die hele Frans-Sudan.

Klimaat

Die streek het 'n Monsoonklimaat, met al die reënval wat tussen Mei en Oktober, maar die oorgrote reënval tussen Junie en September. Die meeste reënval is tydens Augustus. Die res van die jaar is daar feitlik geen reën nie.

Wat temperatuur betref, word Kayes beskou as die warmste permanent-bewoonde stad in Afrika, en word beskryf as die "drukkoker van Afrika" a.g.v. omliggende ysterryke berge. Tydens die warmste gedeelte van die jaar kan die temperatuur in °C (in die skadu) tot in die hoë veertigs – lae vyftigs toe styg.

In die strate van Kayes, 2011

Streek

  • Fort du Medine
  • Felou Waterval, 15 km stroomop in die Sénégalrivier
  • Gouina Waterval, 100 km suidoos (stroomop) in die Sénégalrivier
  • Die tata (fortifikasie) van Koniakari, gebou deur El Hadj Umar Tall, 70 km (43 myl) na die noordooste
  • Magui Meer en Doro Meer (albei word deur die Kolimbiné Rivier van water voorsien)
  • Manantali Dam. Hierdie is 'n groot dam, met hidro-elektriese kragopwekking wat deur Eskom bestuur word.

Eksterne skakels