Kampala

Kampala is die hoofstad en grootste stad van Uganda met 'n bevolking van 1 659 600 in 2011 en 'n oppervlakte van 189 km². Die stad is naby aan die noordelike oewer van die Victoriameer geleë waar dit laat in die negentiende eeu gestig is. Dit word die hoofstad in 1963. Daar is 'n internasionale lughawe by Entebbe en die stad het ook 'n spoorwegstasie. Die Makerere-universiteit is in 1922 hier opgerig. Kampala se belangrikste bedrywe is bankwese, administrasie, die handel in vrugte en groente, teevermenging en -verpakking, brouery, tekstiele en koffie. Daar is twee katedrale.

Kampala

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Uganda Uganda
 DistrikKampala
 Koördinate00°19′N 32°35′O / 0.317°N 32.583°O / 0.317; 32.583
 Stigting1890
 Oppervlakte: 
 - Totaal189 vk km
 Hoogte bo seevlak1 190 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)1 659 600
 - Bevolkingsdigtheid9 429,6/vk km
 TydsoneUTC +3
 - SomertydUTC +3
 BurgemeesterErias Lukwago
 Amptelike webwerfkcca.go.ug
Nasa-Satellietbeeld van Kampala
Minibus taxi's

Eksterne skakels