Kalsiumheksaboried
- Bladsy
- Bespreking
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kalsiumheksaboried |
![]() | |
Chemiese formule | CaB6 |
Molêre massa | |
CAS-nommer | 12007-99-7[1] |
Voorkoms | grysswart vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 414,5pm[2] |
Ruimtegroep | Pm3m |
Nommer | 221 |
Strukturbericht | D2₁ |
Smeltpunt | 2230[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 2,33 [g/cm3] [1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar[1] |
Hardheid | (Mohs) 9[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Kalsiumheksaboried is 'n verbinding van kalsium en boor met die formule CaB6
Kalsiumheksaboried kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat die argetipe is van die D21-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit is 'n afgeleide van die sesiumchloried-struktuur waarin die chloriedioon vervang is deur 'n (leë) oktaëder van ses booratome. Baie heksaboriede het hierdie struktuur, soos: BaB6, CeB6, DyB6, ErB6, EuB6, GdB6, HoB6, LaB6, LuB6, NdB6, PrB6, PuB6, ScB6, SiB6, SmB6, SrB6, TbB6, ThB6, TmB6, YB6 en YbB6.[2]
Enkelkristally van hierdie stof is verkry uit 'n smelt van die elemente saam met aluminium.[3]
Aardalkalimetaalheksaboriede soos CaB6 en SrB6 het 'n ongewone tipe ferromagnetisme getoon. Die langafstandsorde tot 'n Curie-temperatuur van 600 K was onverwags omdat hierdie verbindings nie gedeeltelik gevulde 3d of 4f orbitale besit nie.[3]
Die CaB6-stuktuur bevat 'n boornetwerk wat twee elektrone benodig om 'n geslote konfigurasie te vorm; dus is binêreaardalkalie-heksaboriede halfgeleiers in teenstelling tot bv. lantaanheksaboried. Dit is bevestig deur hoekafhanklike foto-emissiespektroskopie-eksperimente en deur 'n GW-berekening, wat die bestaan van 'n energiegaping van ongeveer 0.8 ∓ 0.1 eV by die X-punt in die Brillouin-sone bevestig. Die waargenome ferromagnetisme sal waarskynlik deur intrinsieke defekte aangedryf word. Die swak magnetiese momente is waarskynlik afkomstig van paramagnetiese B2+-defekte wat kalsiumvakatures vul.[3]
CaB6 word as 'n bymiddel vir antioksidante in vuurvaste samestellings, deoksidante en in slytasiebeskerming gebruik. 'n Kopersmelt moet gedeoksideer word kort voor dit gegiet word. Die middel wat bygevoeg word, moet nie die fisiese eienskappe of die hoë elektriese geleidingsvermoë van die legering verander nie. Kalsiumheksaboried is die enigste materiaal wat nie die elektriese geleidingsvermoë van koper verminder nie.[4]