Kallisto (Grieks: Καλλιστώ; ook Jupiter IV) is die tweede grootste maan van die planeetJupiter ná Ganumedes, en ook die derde grootste maan in die sonnestelsel ná Titaan. Kallisto is effens kleiner as die planeet Mercurius en sy digtheid is met 1,834 g/cm³ effens kleiner as dié van Ganumedes, maar aansienlik kleiner as dié van die mane Europa en Io. Die vier Galileiaanse mane is met 'n teleskoop sigbaar. In vergelyking met die ander Galileiaanse mane het Kallisto 'n baie donker oppervlak met 'n Albedo van 0,2, wat beteken, dat 20% van die ontvangene sonlig weerspieël word.