Kolkata (voorheen Kalkutta; voormalige Engels: Calcutta, Bengaals: কলকাতা) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Wes-Bengale en is met 'n bevolking van 4 486 679 die vierde grootste stad in Indië. Kolkata lê aan die ooskus van Indië aan die Indiese Oseaan en is die grootste hawestad in Oos-Indië. Tot in 1912 was Kolkata die hoofstad van Brits-Indië, toe dit deur Nieu-Delhi vervang is.