Kadmiumhidroksied

chemiese verbinding

Kadmiumhidroksied is 'n basis van kadmium met formule Cd(OH)2.

Eienskappe

Algemeen

NaamKadmiumhidroksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleCd(OH)2
Molêre massa147,43 [g/mol] [1]
CAS-nommer21041-95-2[1]  
Voorkomswit poeier[1]
Fasegedrag  
Faseβ-Cd(OH)2 
Selkonstantesa=349,6pm; c=470,2pm[2]  
RuimtegroepP3m1 
Nommer164  
StrukturberichtC6 
Faseγ-Cd(OH)2 
Selkonstantesa=657,68pm; b=1027,04pm; c=341,25pm; β=120,16° (in Cm?)[3] a=566,4pm; b=1022,3pm; c=340,4pm; β=91,52° (in Im) [4]  
RuimtegroepIm (alias: Cm) 
Nommer8
Smeltpunt232 °C [1]
Kookpunt
Digtheid4,79 [g/cm3][1]
Oplosbaarheid497 [g/L][1] 
Ksp7,2 x 10-15[5]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit is 'n halfgeleier met 'n bandgaping van 3,2 eV en 'n hoë geleidbaarheid. [3]

Kristalstruktuur

Kadmiumhidroksied kristalliseer gewoonlik in die trigonale kadmiumjodied-struktuur, wat C6 genoem word in die strukturbericht-klassifikasie. Soms word dit ook die magnesium- (brusiet) of kadmiumhidroksied-struktuur genoem.[6] In plaas van jodiedione het dit hidroksiedione wat hierdie gelaagde struktuur deur waterstofbinding sterker bind as die jodiedione. Hierdie modifikasie word die β-fase genoem.[4]

Daar is ook 'n γ-modifikasie wat 'n eie monokliniese struktuur het. Die α-fase kristalliseer nouliks.[4]

Chemiese eienskappe

Die stof is in water amper onoplosbaar en kan daaruit of uit alkohol neergeslaan word, bv. deur 'n basis soos tetrametielammoniumhidroksied aan 'n oplossing van 'n in alkohol oplosbare kadmiumsout soos kadmiumasetaat by te voeg.[2]

'n Endotermiese piek in DTA toon dat dit teen 245 °C ontbind en kadmiumoksied vorm.[2]

Die γ-modifikasie kan in dunne lae op 'n substraat van tinoksied met kaliumhidroksied neergeslaan word uit 'n oplossing van kadmiumchloried en natriumsitraat.[3]

Gebruike

Kadmiumhidroksied word in nikkel-kadmiumbatterye gevorm wanneer hulle ontlaai:[7]

Dit is 'n oksidasie van kadmiummetaal:

Vanweë sy fisiese eienskappe is daar navorsing na die gebruik in sonselle, sensors, deursigtige elektrodes en batterye.[3]

Verwysings