Jussie Smollett

Jussie Smollett (gebore 21 Junie 1982) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente The Mighty Ducks (1992) en Alien: Covenant (2017), en in die televisiereeks Empire (2015).

Jussie Smollett
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
GeboortenaamJustin Smollett[1][2]
Geboorte21 Junie 1982 (1982-06-21) (42 jaar oud)
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur en vervaardiger
Aktiewe jare1991–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Op 20 Februarie 2019 word Smollett van wanordelike gedrag aangekla. Hy sou na bewering twee Nigeries-Amerikaanse broers betaal om 'n haatmisdaad op hom na te maak en daarna 'n onware polisieverklaring aflê.[3] Smollett se regspan het op 26 Maart 2019 'n skikking met aanklaers bereik, ingevolge waarvan alle aanklagte teen hom laat vaar is in ruil daarvoor dat Smollett gemeenskapsdiens opgelê word en hy sy $10 000 borg verbeur.[4] Op 27 Maart 2019 kondig die Federal Bureau of Investigation (FBI) aan dat dit ondersoek sou instel oor waarom die aanklagte laat vaar is.[5]

Filmografie

Rolprente

  • 1992: The Mighty Ducks
  • 2012: The Skinny
  • 2017: Alien: Covenant

Televisiereekse

  • 1993: Cro
  • 1994: On Our Own
  • 2008: Afropop: The Ultimate Cultural Exchange
  • 2015: Empire
  • 2016: Smollett Eats

Video's

  • 2009: Pitch This
  • 2015: Mariah Carey: Infinity

Verwysings

Eksterne skakels