Julia Garner

Amerikaanse aktrise

Julia Garner (gebore 1 Februarie 1994[1]) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rol as as Ruth Langmore in die Netflix misdaad drama reeks Ozark (2017–hede), waarvoor sy besondere goeie resensies ontvang het en twee Primetime Emmy-toekennings gewen vir "Outstanding Supporting Actress in a Drama Series"[2] in 2019 en 2020 bykomend tot een Golden Globe-prys nominasie in 2020 vir "Best Supporting Actress – Television".

Julia Garner
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Julia Garner in 2020

Geboorte1 Februarie 1994 (1994-02-01) (30 jaar oud)
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Aktrise
Aktiewe jare2010–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Garner het ook rolle gespeel in die FX TV-kanaal dramareeks The Americans (2015–2018), die Netflix minireeks Maniac (2018), die Bravo TV netwerk ware-misdaad reeks Dirty John (2018–2019), en speel die titelrol in die Netflix minireeks Inventing Anna (2022). In rolprente het sy rolle gespeel in Electrick Children (2012), We Are What We Are (2013), Grandma (2015), en The Assistant (2019), Martha Marcy May Marlene (2011), The Perks of Being a Wallflower (2012), en Sin City: A Dame to Kill For (2014).

Persoonlike lewe

Garner het getrou met die sanger Mark Foster, die hoof-sanger van Foster the People, in 'n Desember 2019 seremonie by die New York-stadsaal,[3][4] agt maande nadat hulle verloof geraak het.[5]

Filmografie

Rolprente

JaarTitelRolNotas
2011Martha Marcy May MarleneSarah
2012Electrick ChildrenRachel McKnight
2012The Perks of Being a WallflowerSusan
2012Not Fade AwayMeisie in kar
2013We Are What We AreRose Parker
2013The Last Exorcism Part IIGwen
2013Hair BrainedShauna Holder
2014I Believe in UnicornsCassidy
2014Sin City: A Dame to Kill ForMarcie
2015GrandmaSage
2016Good KidsTinsley
2017Tomato RedJamalee Merridew
2017One Percent More HumidCatherine
2017Everything Beautiful Is Far AwayRola
2019The Assistant
komendeYou Can't WinChickenNa produksie

Televisie

JaarTitelRolNotas
2015–2018The AmericansKimberly BrelandHerhalende rol; 10 episodes
2016GirlsCharlie se kamermaatEpisode: "The Panic in Central Park"
2016–2017The Get DownClaudia Gunns2 episodes
2017–presentOzarkRuth LangmoreHoofrol
2018WacoMichelle JonesMiniseries
2018ManiacEllie LandsbergMiniseries
2018–2019Dirty JohnTerra NewellHoofrol (season 1)
2019Modern LoveMaddy2 episodes
2020Robot ChickenVarious voicesEpisode: "Callie Greenhouse in: Fun. Sad. Epic. Tragic"
2022Inventing AnnaAnna (Sorokin) DelveyHoofrol

Video's

  • 2014: Get Ready

Verwysings

Eksterne skakels