John Travolta

Amerikaanse akteur, danser en sanger.

John Joseph Travolta (gebore op 18 Februarie 1954)[1][2] is ’n Amerikaanse akteur, danser en sanger.

John Travolta
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
John Travolta tydens die Cannes-rolprentfees in 2018

GeboortenaamJohn Joseph Travolta
Geboorte18 Februarie 1954 (1954-02-18) (70 jaar oud)
Englewood, New Jersey, VSA
NasionaliteitAmerikaans
LewensmaatKelly Preston (∞ September 1991, † 12 Julie 2020)
KindersJett (1992–2009), Ella (2000), Benjamin (2010)
Beroep(e)Akteur
Aktiewe jare1969 tot hede

Loopbaan

Hy het in die 1970's bekend geraak nadat hy in die televisiereeks Welcome Back, Kotter (1975–1979) verskyn en in die lokettreffers Saturday Night Fever (1977) en Grease (1978) gespeel het. Sy loopbaan het in die 1980's ’n agteruitgang beleef, maar hy het in die 1990's ’n terugkeer gemaak in Pulp Fiction (1994) en Face/Off (1997). Hy was sedertdien ook in Swordfish (2001), Wild Hogs en Hairspray (albei 2007).

Travolta is vir ’n Oscar vir beste akteur benoem vir Saturday Night Fever en Pulp Fiction. Hy het die Golden Globe gewen vir sy spel in Get Shorty. In 2014 het hy die IIFA-prys vir uitnemende prestasie in die internasionale rolprentwese ontvang.[3]

Verwysings

Eksterne skakels