Die gebied om die Jana-rivier is die eerste bekende bewoonde streek in die Noordpool – bewyse is gevind dat die gebied so vroeg as 30 000 jaar gelede bewoon was.
Die Jana is 872 km lank en sy stroomgebied 238 000 km². Die rivier se oppervlak vries in Oktober en bly gevries tot laat-Mei, vroeg-Junie. In die Werchojansk-gebied bly dit vir 70 tot 110 dae tot op die bodem gevries en vir 220 dae gedeeltelik gevries.
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Yana River
William Barr, Baron Eduard Von Toll's Last Expedition. Sept. 1980.
Alexander Von Bunge & Baron Eduard Von Toll, The Expedition to the New Siberian Islands and the Jana country, equipped by the Imperial Academy of Sciences. 1887.