Ingolstadt

Ingolstadt is 'n stad aan die oewer van die Donourivier in die middel van die federale deelstaat Beiere, Duitsland. Dit het 125 088 geregistreerde inwoners in 2010 gehad wat dit die sesde grootste stad in Beiere maak.

Ingolstadt

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Beiere
 Koördinate48°46′N 11°25′E / 48.767°N 11.417°O / 48.767; 11.417
 Stigting806 (eerste verwysing)
 Stadstatus1200
 Oppervlakte: 
 - Totaal133,35 vk km
 Hoogte bo seevlak374 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2010)125 088[1]
 - Bevolkingsdigtheid938/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2
 BurgemeesterAlfred Lehmann (CSU)
 Amptelike Webwerfwww.ingolstadt.de

Die hoofkantoor van die Duitse motorvervaardiger Audi is in Ingolstadt geleë, sowel as die hoofkantoor van die Media-Saturn Holding met sy elektroniese handelaars MediaMarkt en Saturn.

Geskiedenis en Kultuur

Ingolstadt is vir die eerste keer genoem in 'n dokument van Karel die Grote op 6 Februarie 806 as "Ingoldes stat", die plek van Ingold. Ingolstadt verkry sy stadstatus teen omtrent 1250.

Ingolstadt was die hoofstad van die hertogdom Beiere-Ingolstadt tussen 1392 en 1447. Daarna is Ingolstadt verenig met Beiere-Landshut. Louis VII, hertog van Beiere beveel die bou van die Nuwe Kasteel wat sterk beïnvloed is deur die Fransgotiese boustyl.In 1472 stig Louis IX, Hertog van Beiere die Ludwig-Maximilians-Universiteit in Ingolstadt, wat in 1800 na Landshut en op die ou einde na München verskuif.

As oorspronklik 'n vestingstad, word Ingolstadt deur 'n middeleeuse muur omring. Die Beierse fort (1537-1930) huisves vandag die museum van die Beierse leër. 'n Drilparade oorbrug steeds die rivier, twee lugmagbasisse is naby daaraan geleë, waarvan een vir die toets van vliegtuie gebruik word. Die lang militêre geskiedenis van die stad word vandag in die siviele en kulturele lewe weerspieël. Voorheen "toegang verbode"-gebiede word nou as openbare parke gebruik. Die bekende skrywer Marieluise Fleisser het Pioniere in Ingolstadt in 1928 geskryf.

Ingolstadt is die stad waar Willem IV die Beierse Reinheitsgebot, die oudste voedselwet wat steeds in gebruik is, in 1516 geskryf en geteken het. Adolf Scherzer komponeer die Bayerischen Defiliermarsch, Mary Shelley se Frankenstein is verwant aan die Ingolstädter alte Anatomie, nou museum vir mediese geskiedenis. In 1748 word Adam Weishaupt in Ingolstadt gebore.

Literêre verwysings

Ingolstadt is die ligging van Mary Wollstonecraft Shelley se roman Frankenstein en is 'n sleutelligging in The Illuminatus! Trilogy deur Robert Shea en Robert Anton Wilson.

Dr. Faust word in 'n ou en kort plaaslike verhaal genoem.

Die X-Files-episode "The Post-Modern Prometheus" verwys na die Universiteit van Ingolstadt. Dit is waarskynlik 'n Frankenstein-verwante verwysing, aangesien die episode heelwat verwysings daarna bevat.

Susterstede

Verwysings

Eksterne skakels