Impi
Impi is 'n Zoeloewoord vir 'n gewapende groep mans. Die woord impi word partykeer gebruik om 'n regiment van Zoeloe-krygers te beskryf, maar die eintlike Zoeloewoord daarvoor is ibutho.[1] Die begin van die impi's lê in die historiese oorlogvoering van die verskeie stamme in Suidoos-Afrika opgesluit, toe groepe van gewapende mans (wat "impi's" genoem is), teen mekaar baklei het.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/58/Zuluchargegutt.jpg)
Hulle is radikaal deur Shaka herorganiseer, wat toe nog net die buite-egtelike seun van koning Senzangakona was. Teen hierdie tyd het Shaka homself reeds as 'n briljante militêre leier bewys. Hy het onder andere in die Mthethwa-Ndwandwe-oorlog in die vroeë 1800's as 'n generaal onder die Mthethwa-koning, Dingiswayo gedien.[2]
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/59/Zulu_battle_tactics_language-neutral.svg/220px-Zulu_battle_tactics_language-neutral.svg.png)
Verwysings
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekJaco JacobsSuid-AfrikaSpesiaal:Onlangse wysigingsGroepsgebiedewetW.H. BoshoffPornhubApartheidBroers Grimm2024 skiet by Donald Trump saamtrekFabelKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersDramaSeksNelson MandelaMiddelmisbruikPoging tot sluipmoord op Donald TrumpMieliestronkFisionomieKoos du PlessisC.J. LangenhovenLys van vertalings in AfrikaansRacheltjie de BeerAntjie KrogSeksposisieKortverhaalGrootbrulpaddaLucky DubeWolraad WoltemadeShannen DohertyRefentse MorakeTradisionele literatuurGreen PornoJapanGroepsdrukTweede WêreldoorlogIngrid JonkerWaterbesoedeling