Ian Morris

Ian Matthew Morris (gebore op 27 Januarie 1960) is 'n Britse argeoloog, geskiedkundige en akademikus. Hy is tans 'n Willard Professor van Oudheid by Stanford Universiteit.[1]

Ian Matthew Morris
Gebore27 Januarie 1960
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepArgeoloog, skrywer, historikus

Vroeë Lewe

Morris het grootgeword in die Verenigde Koninkryk. Hy het Alleyne's High School in Stone, Staffordshire bygewoon, en antieke geskiedenis en argeologie studeer by die Universiteit van Birmingham. Hy het sy PhD by Universiteit van Cambridge verkry.[1]

Loopbaan

Morris het vanaf 1987 tot 1995 by die Universiteit van Chicago klas gegee. Hy is sedert 1995 by Stanford-universiteit.

Sedert hy by Stanford aangesluit het, het hy gedien as Assosiaat Dekaan van Lettere en Wysbegeerte en Geesteswetenskappe, as Hoof van die Oudheid Departement, en as Direkteur van die Maatskaplike Wetenskappe-Historiese Instituut. Hy was een van die stigterslede van die Stanford Argeologiese Sentrum en het vir twee termyne as die Sentrum se direkteur gedien.[2] Hy het uitvoerig gepubliseer oor die geskiedenis en argeologie van die antieke Middellandse streek en oor Wêreldgeskiedenis. Hy het ook in 2009 'n dekaansprys vir uitnemendheid in Onderrig gewen.[3]

Tussen die jare 2000 en 2007 het hy Stanford se argeologiese uitgrawing by Monte Polizzo, Sisilië, Italië gelei.[2]

Verskeie navorsings-genootskappe van die John Simon Guggenheim Gedenkstigting, Hoover Instituut,[4] Nasionale Begiftigingsfonds vir die Geesteswetenskappe,[2]Sentrum vir Hellenistiese Studies in Washington, D.C.,[5] en Instituut vir Navorsing in die Geesteswetenskappe, Universiteit van Wisconsin-Madison is al aan hom toegeken.[5] Hy is ook 'n Korresponderende Genoot van die Britse Akademie; en eregrade deur De Pauw Universiteit en Birmingham Universiteit is aan hom toegeken. In 2012 was sy werk die onderwerp van 'n ellelange profiel in die Chronicle of Higher Education.[6] Hy het in 2012 die Tanner Lesings op Menslike Waarde by die Universiteit van Princeton gelewer.[7]

Ian Morris beplan om op sy oogpunte betreffende die eerste-millennium BC transformasies (die skuif van godsdiens-gebaseerde mag na burokratiese en militêre mag) in sy nuwe boek uit te brei.[8]

Oorsig oor enkele werke

War! What is it Good For?

War! What is it Good For?: Conflict and the Progress of Civilization from Primates to Robots was deur Farrar, Straus en Giroux in die VSA gepubliseer en deur Profile Books in Brittanje in April 2014.[9][10][11][12] Morris argumenteer daarin dat daar genoeg bewyse is om die geskiedenis van geweld na te spoor oor baie duisende jare en dat 'n opspraakwekkende feit hieruit voortvloei, naamlik dat vir al die gruwels van oorlog oor die laaste 10,000 jare, dit eintlik die wêreld veiliger en ryker gemaak het, aangesien dit bykans die enigste wyse is waarop mense groot, intern-passiewe samelewings geskep het wat dan die koers van geweldadige sterftes af gebring het. Hy argumenteer dat die lesse van die laaste 10,000 jaar van militêre geskiedenis mens leer dat die manier om oorloë te beëindig die kuns is om te leer hoe om dit te bestuur, en nie deur dit te verwens nie. Morris wy ook 'n hoofstuk aan die 1974-1978 Gombe Sjimpansee Oorlog in Tanzanië. Die Duitse vertaling van die boek, Krieg: Wozu er gut ist, was in Oktober 2013 deur Campus Verlag gepubliseer. 'n Nederlandse vertaling was in 2014 deur Spectrum (Houten/Antwerp) gepubliseer genaamd Verwoesting en vooruitgang. Daar word nog vyf vertalings van die werk beplan.

Prys en eerbewyse

  • Morris is 'n 2014 Kalifornië Boektoekennings Nie-fiksie Finalis vir War! What is it Good For?[13]

Bibliografie

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings

Eksterne skakels