IJsbrand Godske

IJsbrand Godske (Ook gespel Isbrand, Usbrand, Goske en Godsken) was die tweede Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop. Hy het sekunde Albert van Breugel wat as Kommandeur waargeneem het na Goewerneur Pieter Hackius se afsterwe op 30 November 1671, opgevolg.

IJsbrand Godske
IJsbrand Godske

2de Goewerneur van die Nederlandse Kaapkolonie
Ampstermyn
2 Oktober 1672 – 14 Maart 1676[1]
Voorafgegaan deurAlbert van Breugel (waarnemende kommandeur)
Opgevolg deurJohan Bax van Herenthals (Kommandeur)

Kommandeur van Malabar
Ampstermyn
1665 – 1667[2]
Voorafgegaan deurJacob Hustaart
Opgevolg deurAdriaan Roothaas

Persoonlike besonderhede
Geboreonbekend
Sterfonbekend

Godske was ook kommandeur van Malabar (1665-1667) en Direkteur van Persië (1667-1670). Hy het vir die eerste keer na die Kaap gekom in 1665 met die opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie om 'n geskikte perseel vir die Kasteel die Goeie Hoop te vind.

In 1671 het hy weer hierheen gekom, weer as kommissaris, maar is weens sy ervaring as senior amptenaar van die VOC, byna dadelik goewerneur gemaak met sy aankoms in Oktober 1672.

Die Kasteel is voltooi en die opening van die distrik Hottentots-Holland het begin tydens sy bewind. Godske het 'n veepos in die distrik gestig in 1672. Hy was ook verplig om oorlog teen die Hottentotte onder Gonnema te verklaar a.g.v. hulle brutale optrede teen die ander jagters.

Hy het vier jaar lank vertoef en het met maatskaplike wetgewing begin, onder meer deur die stigting van die Weeskamer in 1674. Dit was om na die belange van die weeskinders om te sien. Godske is spesifiek na die Kaap gestuur om die nedersetting in 'n tyd van oorlog met Engeland vir Nedeland te behou. Ná afloop van die oorlog was sy diens elder nodig. Hy het in 1676 na Nederland teruggekeer.[3]

Godske, wat uit Den Haag afkomstig was het homself as soldaat onderskei in die beleëring van Colombo en Manaar, Jaffna.[2]

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

Voorafgegaan deur
Albert van Breugel (waarnemende kommandeur)
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop
2 Oktober 167214 Maart 1676
Opgevolg deur
Johan Bax van Herenthals (Kommandeur)
Voorafgegaan deur
Jacob Hustaart
Kommandeur van Malabar
16651667
Opgevolg deur
Adriaan Roothaas