Hurricanes (Superrugbyspan)

Die Hurricanes (voorheen bekend as die Wellington Hurricanes) is ’n Nieu-Seelandse rugbyspan wat sedert 1996 as ’n konsessie aan die Super 14 deelneem. Die konsessie sluit die Ooskus, Poverty Bay, Hawke’s Bay, Taranaki, Wanganui, Manawatu, Wairarapa-Bush, Horowhenua-Kapiti en Wellington in. Die spelers van Hawke’s Bay, Manawatu, Taranaki en Wellington neem ook aan die Air New Zealand-beker deel terwyl spelers van die Ooskus, Horowhenua-Kapiti, Poverty Bay, Wairarapa-Bush en Wanganui aan die Heartland-kampioenskap deelneem. Hulle meeste tuiswedstryde word op Westpacstadion in Wellington gespeel.[2][3] Die huidige kaptein van die span is Andrew Hore.

Hurricanes
Bynaam(e)’Canes
Stigting1996
LiggingWellington, Nieu-Seeland
StreekOoskus, Poverty Bay, Hawke’s Bay, Taranaki, Wanganui, Manawatu, Wairarapa-Bush, Horowhenua-Kapiti, Wellington
StadionWestpacstadion
Kapasiteit34 500[1]
Afrigter(s)Chris Boyd
Kaptein(s)Dane Coles
Liga(s)Superrugby
2018Halfeindrondte (4de na rondomtalie)
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Meeste wedstryde126 Conrad Smith
126 Ma’a Nonu
Meeste punte690 Beauden Barrett
Eerste wedstryd
Wellington Hurricanes 28 – 36 Auckland Blues
(1 Maart 1996)
Grootste oorwinning
Sunwolves 17 – 83 Hurricanes
(25 Februarie 2017)
Grootste nederlaag
Hurricanes 7 – 60 Blues
(22 Februarie 2002)
Amptelike webwerf
www.hurricanes.co.nz

Geskiedenis

Vroeë jare: 1996–1997

Die konsessie is in 1996 gestig om die neder-Noord Eiland in die Super 12-toernooi te verteenwoordig as een van vyf Nieu-Seelandse spanne en is aanvanklik die Wellington Hurricanes genoem. Met ’n gebied wat 920,000 mense dek was die Hurricanes die grootste van die Nieu-Seelandse konsessies.[4] Die eerste afrigter van die span was Frank Oliver en Mark "Bull" Allen was die eerste kaptein. Die Hurricanes se eerste wedstryd is teen die Auckland Blues gespeel op die Skougronde in Palmerston-Noord. Die Hurricanes het hierdie wedstryd verloor. In die eerste jaar van die kompetisie het die Hurricanes nie so goed soos verwag is, gevaar nie en het negende geëindig. In 1997 het hulle egter die uitspeelrondes gehaal maar in die halfeindronde teen die ACT Brumbies vasgeval.

1998–2002

Na die 1997-seisoen kon die Hurricanes eers weer in 2003 tot die uitspeelrondes vorder. Ten spyte hiervan was hulle deurentyds bekend vir die aanvallende aard van hulle spel met die All Blacks Tana Umaga en Christian Cullen aan die spits van sake. Die span kon nie daarin slaag om konsekwente goeie vertonings te lewer nie.

Na die Rugbywêreldbeker 1999 het Jonah Lomu se kontrak met die NZRU verstryk en is hy gekoppel aan baie klubs regoor die wêreld; waaronder rugbyleague en die Amerikaanse Voetbalspan, die Dallas Cowboys[5] Op 23 November 1999 is egter aangekondig dat Lomu ingestem het tot die terme van die Wellington Rugbyvoetbalunie ten spyte van gerugte van ’n kontrak met Bristol van ₤1,1 miljoen.[5][6] Die skuif na Wellington het beteken dat hy beskikbaar sou wees vir die Hurricanes.

Die Hurricanes het die 2000-seisoen met ’n nuwe stadion geopen. Die hoogtepunt in daardie seisoen was die oorwinning oor die uiteindelike kampioene, die Crusaders in die rondomtaliewedstryde met 41 – 29. Aan die einde van die seisoen het die Hurricanes steeds ’n kans gehad om die uitspeelrondes te haal waarvoor hulle die Bulls moes klop om in aanmerking te bly. Hulle kon nie die Bulls wen nie en het die seisoen op ’n teleurstellende agtste plek afgesluit.

Alhoewel die Wellington Lions die 2000-seisoen van die Nasionale Provinsiale Kampioenskap (NPC) gewen het,[7] het die Hurricanes slegs negende op die punteleër geëindig in 2001. Na ’n agtste plek in 2000 en nog ’n negende plek in 2002 het Graham Mourie, die afrigter sedert 2000, bedank.[8]

Nuwe era: 2003–huidig

Die Hurricanes speel teen die Highlanders op die Westpacstadion in 2006

Ten spyte van berigte dat Colin Cooper, toe hulpafrigter van die Crusaders, gesê het hy is nog nie gereed om die Crusaders te verlaat nie[9] was die Huricanes in staat om Cooper (toe hoofafrigter van Taranaki) weg te lok van die kampioene af en hy is aangestel as die hoofafrigter van die Hurricanes vir 2003.

Cooper, met bystand van die nuut-aangestelde kaptein Tana Umaga, het gehelp om die inkonsekwente Hurricanes in een van die top spanne in die kompetisie te omvorm.[10] In 2003 het ’n nuwe era vir die Hurricanes aangebreek toe hulle na die halfeindronde deurgerding het na ’n goeie vertoning van sewe seges in ’n ry in die middel van die seisoen.[11] In daardie seisoen het Ma’a Nonu na vore getree en hy en Umaga het goed saamgespeel as senterpaar. Nonuhet ses drieë gedruk en is uiteindelik beloon met ’n plek in die All Black-span.[12]

Vir die 2004-seisoen is Jonah Lomu uit die span gelaat weens ’n kwaadaardige siekte wat gelei het tot ’n nieroorplanting. Die seisoen was teleurstellend vir die Hurricanes nadat hulle elfde op die punteleër geëindig het. Die meeste van die spelers is egter opgeneem in die span vir 2005[13] en die Hurricanes het in daardie jaar weer tot die uitspeelrondes gevorder. Hulle het teen die Crusaders in Christchurch verloor met 47 – 7. Jimmy Goperth, voormalige losskakel vir die Nieu-Seeland Colts het in daardie seisoen 139 punte aangeteken[14] en hy is beskou as ’n gepaste opvolger vir David Holwell wat op pad na Ierland was.[15] Aan die einde van die seisoen het die Hurricanes die dienste van die Australiese spelskepper, Brock James, wat in die vorige seisoen vir Taranaki en die Blues uitgeblink het,[16] probeer bekom. Luke McAlister het ook te kenne gegee dat hy in Wellington sal wil speel,[17] en die Hurricanes het probeer om Andrew Merhtens na Wellington te lok maar was nie suksesvol nie.

In 2006 is die kompetisie uitgebrei na 14 spanne met die toevoeging van die Western Force van Australië en die Cheetahs van Suid-Afrika. Rodney So’oialo is aangewys as nuwe kaptein van die Hurricanes nadat Umaga gesê het hy wil op sy spel konsentreer.[18] Die span van Wellington het weer goed gespeel en weer deurgedring na die uitspeelrondes. Hierdie keer het hulle Waratahs in Wellington met 16 – 14 in die halfeindronde geklop. Hulle is na Christchurch vir die eindstryd. Die wedstryd is in swaar mistige toestande, wat dit moeilik gemaak het vir die spelers gespeel, gespeel en die Crusaders het met 19 – 12 gewen.[19] Na afloop van die wedstryd het ’n insident in ’n nagklub waarby ’n handsak, Chris Masoe en Tana Umaga betrokke was, ’n herrie in die media veroorsaak.

2007 was nie ’n goeie seisoen vir die Hurricanes nie en hulle kon slegs ses wedstryde wen was ’n agtste plek op die punteleër tot gevolg gehad het. In 2008 is egter baie verbeter en die Hurricanes het vir die vyfde keer tot die uitspeelrondes deurgedring nadat hulle vierde op die punteleër geëindig het. Hulle is egter deur die Crusaders met 33 – 22 geklop. In 2009 het hulle selfs nog beter gevaar en was aan die einde van die rondomtalietoernooi in die derde plek. Hulle het egter hierdie keer teen die Chiefs verloor met 14 – 10.

Konsessiegebied

Die nege provinsiale unies wat deel uitmaak van die Hurricanes

Die konsessie verteenwoordig die Ooskus-, Poverty Bay-, Hawke’s Bay-, Taranaki-. Wanganui-, Manawatu-, Wairarapa-Bush-, Horowhenua-Kapiti- en Wellington provinsiale rugbyunies. Hierdie gebied maak die Hurricanes die tweede grootste Nieu-Seelandse konsessie met verteenwoordiging van 920,000 mense.[4]

Soos al die Nieu-Seelandse Super 14-spanne kan die Hurricanes elke seisoen 24 ven sy eie spelers teen kontraktering deur ander unies/konsessies beskerm. Spelers wat nie beskerm is nie kan deur enige van die ander vier konsessies gekontak word.

Stadion

Die Hurricanes speel die meeste van hulle wedstryde op die Westpacstadion (met sitplek vir 34,500 mense), in Wellington se Waterfront. Die stadion staan in volksmond bekend as die "Koekblik" weens die vorm daarvan. Die stadion is in 2000 geopen om die span se vorige basis, Athletic Park, te vervang. Yarrow-stadion (voorheen bekend as Rugby Park) in Nieu-Plymouth, die FMG-stadion (voorheen die Skougronde) in Palmerston North en McLean Park in Napier het ook al wedstryde van die Hurricanes aangebied.

In die aanvangsjare van die kompetisie het die Hurricanes een, soms twee keer op ’n ander stadion as die een in Wellington gespeel afhangende van hoeveel tuiswedstryde hulle per jaar gehad het. Hierdie beleid is verkelkom aangesien die Hurricanes so ’n groot geografiese area dek. Meer onlangs het die Hurricanes egter selde op ’n ander plek as Wellington gespeel omdat die stadion in Wellington dikwels voller was as wanneer die Hurricanes elders gespeel het. Dit het ’n negatiewe impak op die Hurricanes se finansies gehad ten spyte van die uitbreiding van die kompetisie. Die span se kleure is geel en swart (dit verteenwoordig die kleure van Wellington en Taranaki wat aanvanklik die twee groot unies in die konsessie was), met klein afwerkings in donker blou en wit sodat die ander unies ook verteenwoordig kan word (swart en wit vir Hawke’s Bay, blou en wit vir Horowhenue-Kapiti, blou vir Wanganui en wit vir Manawatu (saam met groen)).

Seisoenbepalings

Super 12

Die volgende tabel som die Highlanders se Super 12-uitslae op:[20]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
19969de11308290353-63517
19973de116054163141021034Verloor in halfeindrondte teen ACT Brumbies
19988ste11506313342-29626
199910de11416213226-13422
20008ste11605308329-21529
20019de11506291316-25525
20029de11506232317-85323
20033de1170432428440735Verloor in halfeindrondte teen Crusaders
200411de11416275303-28523
20054de1180328324835234Verloor in halfeindrondte teen Crusaders

Super 14

Die volgende tabel som die Hurricanes se Super 14-uitslae op:[20]

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BPPteNotas
20062de131003328266102747Verloor in eindrondte teen Crusaders
20078ste13607247300-53327
20084de13814310204106741Verloor in halfeindrondte teen Crusaders
20093de13904380279101841Verloor in halfeindrondte teen Chiefs
20108ste1371535832335737

SupeRugby

Die volgende tabel som die Hurricanes se Superrugby-uitslae op:

SeisoenPosGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/-BP1PteNotas
20119de16529328398-701042
20128ste161006489429+60957
201311de166010386457−71941
20147de16808439374+65941
20151ste161402458288+1701066Verloor teen Highlanders in eindrondte

1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie.

Die volgende tabel som die Hurricanes se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:

SeisoenPos AlgPos GroepGespeelGewenGelykVerloorPunte virPunte teen+/−BP1PteNotas
20161ste1ste151104458314+144953Algehele wenner (teen Lions)
20175de3de151203596272+3241058Verloor teen Lions in halfeindrondte

Huidige span

Hurricanes 2016 Superrugbyspan

Stutte

  • Chris Eves
  • Reggie Goodes
  • Mike Kainga
  • Ben May
  • Jeffrey Toomaga-Allen
  • Loni Uhila

Hakers

  • Leni Apisai
  • Dane Coles
  • Ricky Riccitelli

Slotte

  • Mark Abbott
  • James Broadhurst
  • Geoff Cridge
  • Mitchell Fatialofa
  • Sam Lousi
 

Losvoorspelers

  • Vaea Fifita
  • Callum Gibbins
  • Toa Halafihi
  • Reed Prinsep
  • Hugh Renton
  • Ardie Savea
  • Brad Shields
  • Blade Thompson

Skrumskakels

  • Kylem O’Donnell
  • TJ Perenara
  • Te Toiroa Tahuriorangi

Losskakels

 

Senters

  • Pita Ahki
  • Vince Aso
  • Jordie Barrett
  • Wes Goosen
  • Ngani Laumape

Vleuels

  • Ben Lam
  • Matt Proctor
  • Julian Savea
  • Peter Umaga-Jensen

Heelagters

  • Cory Jane
  • Nehe Milner-Skudder

Afrigters

  • Frank Oliver – 1996 tot 1999
  • Graham Mourie – 2000 tot 2002
  • Colin Cooper – 2003 tot 2010
  • Mark Hammett – 2011 tot 2014
  • Chris Boyd – 2015 tot huidig

Sien ook

  • Wellington Rugbyvoetbalunie

Notas en verwysings

Eksterne skakels