Hendrik Struben
Hendrik Wilhelm Struben (Duitsland, 9 Oktober 1840 - Kaapstad, 1915) was die broer van Frederick Struben, wat die eerste suksesvolle goudmynmaatskappy aan die Rand gevestig het.
Hy is in Duitsland gebore terwyl sy ouers, wat in Engeland gewoon het, daar op besoek was. Hy kom in 1850 na Suid-Afrika en word groot in Pietermaritzburg voor hy 'n tyd lank in Kimberley gaan woon. Hy sluit hom by sy broer aan toe dié op die plaas Wilgespruit in die teenswoordige Roodepoort gaan woon waar hy prospekteer.
Ná die ontdekking van goud het hy hom onttrek en in Rosebank, Kaapstad, gaan woon waar hy in 1915 oorlede is.
Bronne
- Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekThys die BosveldklongApokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsVeelvuldige skleroseCarles PuigdemontVarkgriepSeksCleopatra VIIBreyten BreytenbachCobus RossouwMia GothJan BreytenbachSwangerskapSeksposisieWikipedia:GebruikersportaalLongontstekingTweede WêreldoorlogWikipedia:Welkom nuwelingeWikipediaOraniaFietsryrewolusieWikipedia:GeselshoekieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGordelroosWikipedia:HulpCobus Rossouw jr.Suid-AfrikaSkildklierHulp:Verwydering van instandhoudingsjabloneAfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Sandra KotzéLys van Suid-Afrikaanse musikanteKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersPornhubEjakulasieAngina pectoris