Heilongjiang (Chinees: 黑龙江, Pinyin: Hēilóngjiāng, luister (hulp·inligting)) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China. In 2010 het die provinsie 'n bevolking van 38 312 224 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Harbin.
Heilongjiang vorm die noordoostelike deel van Mantsjoerye, die Chinese noordooste, en grens aan Jilin in die suide, Binne-Mongolië in die weste asook Rusland in die noorde en ooste.
Han-Chinese vorm met 95% die grootste etniese groep, gevolg deur Mantsjoes met 3% en Koreane met 1%.