Hebreeuse Wikipedia

Hebreeuse taal uitgawe van Wikipedia
Hebreeuse Wikipedia
Tipe webbladWiki
Taal(e)Hebreeus
RegistrasieOpsioneel
EienaarWikimedia Stigting
Opgerig8 Julie 2003
Huidige statusAktief
URLhe.wikipedia.org

Die Hebreeuse Wikipedia (Hebreeus: ויקיפדיה העברית, IFA: [vikiˈpedja ha(ʔ)entsikloˈpedja haχofˈʃit]) is die Hebreeuse uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is op 8 Julie 2003 gestig. Dit het tans 356 659 artikels.

Heelwat georganiseerde skryf van artikels is aan die orde van die dag in die Hebreeuse Wikipedia, waarvan een voorbeeld Wikitort is. Wikitort is 'n akademiese projek waarin artikels geskryf word oor die wet van tort. Dan is daar PhysiWiki - 'n projek waarin artikels geskryf word oor Fisika onder leiding van die Weizmann-instituut van Wetenskap.

'n Ander onderwerp wat baie aandag kry is Joodse geskiedenis en die geskiedenis van Israel.

In 2006 is die Elef Millim projek, of in Afrikaans: die Duisend Woorde / Duisend Myl projek geloods. Die doel daarvan is om Wikipedia met vrye beelde te ondersteun.

Groepe van Wikipediane ontmoet gereeld om op reis deur die land te gaan en foto's van Israeliese besienswaardighede te neem vir plasing op die wikipedia.

Die Hebreeuse spelwyses is nog 'n onderwerp van debat aangesien die standaarde wat deur die Akademie van die Hebreeuse Taal neergelê is, nie so noukeurig deur die gewone taalsprekers nagevolg word nie. Om die situasie te verbeter kyk die Hebreeuse Wikipediagemeenskap na die problematiese gevalle van spelling deur oorleg en navrae om 'n goeie standaard te handhaaf.

As dit tegnies moontlik is word daar soms van 'n bot gebruik gemaak om besluite oor spelling vas te stel.[1][2][3][4][5][6]

Voorbeeld

Verwysings

Eksterne skakels