Harry Reid Internasionale Lughawe

Harry Reid Internasionale Lughawe[2] is 'n internasionale lughawe in Paradise, Nevada, en is die hoofregeringslughawe vir publieke gebruik in die Las Vegas-vallei, 'n metropolitaanse gebied in die Amerikaanse deelstaat Nevada, ongeveer 8 km suid van die sentrum van Las Vegas. Die lughawe word deur die Clark County Kommissie besit en deur die Clark County Lugvaartdepartement bedryf. Die lughawe beslaan 1 100 ha (2 800 akker; 11 km2) grond.[3]

Las Vegas Harry Reid Internasionale Lughawe
The airport in 2012
IATA: LASICAO: KLASFAA: LAS
Opsomming
Tipe lughawePublic
Eienaar/OperateurClark County Department of Aviation
BedienLas Vegas Valley
LiggingParadise, Nevada, Verenigde State
Geopen1942
Fokuspunt vir
Hoogte bo seevlak2 181 vt / 665 m
Koördinate36°04′48″N 115°09′08″W / 36.08000°N 115.15222°W / 36.08000; -115.15222
Webtuisteharryreidairport.com
Landkaart
FAA airport diagram
FAA airport diagram
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
vtm
01L/19R8 9882 740Beton
01R/19L9 7712 978Beton
08L/26R14 5154 424Beton
08R/26L10 5253 208Beton
Statistieke (2021)
Totale passasiers39 710 493
Lugbewegings486 540
Vrag240 316 816 lbs.
Bron: Harry Reid Internasionale Lughawe[1]

Die lughawe is in 1942 gebou en in 1948 vir lugrederyvlugte oopgestel. Dit het verskeie innoverende tegnologieë uitgebrei en aangewend, soos algemene gebruiksfasiliteite. Die lughawe het vier aanloopbane en twee passasiersterminale. Oos van die passasiersterminale is die Marnell Air Cargo Centre; aan die lughawe se westekant is vastebasisoperateurs en helikoptermaatskappye. Die lughawe dienste as 'n basis vir Allegiant Air, Frontier Airlines, Southwest Airlines, en Spirit Airlines. Dit is die besigste lughawe in die Verenigde State wat nie funksioneer as 'n spilpunt vir enige van die vyf Amerikaanse erfenisdiensverskaffers nie.

Die lughawe is vernoem na die Amerikaanse senator Harry Reid, wat Nevada van 1987 tot 2017 in die Senaat verteenwoordig het. Tussen 1968 en 14 Desember 2021 is die lughawe McCarran Internasionale Lughawe genoem; voor 1968 is dit McCarran Field genoem na die Amerikaanse senator Pat McCarran, wat Nevada van 1933 tot 1954 verteenwoordig het.[4][5][6][7]

Voormalige logo van McCarran Internasionale Lughawe
Poskaart wat die Amerikaanse senator Pat McCarran by die oorspronklike McCarran Field, 1941 wys

Geskiedenis

Hernoeming na Harry Reid Internasionale Lughawe

Van so vroeg as 2012 af was daar oproepe deur verkose amptenare om die lughawe te hernoem, weens die vorige optrede en opmerkings van die ontslape Nevada-senator Pat McCarran wat as anti-semities en rassisties beskou is.[8] Amerikaanse senator Harry Reid van Nevada het in 2012 aan die pers gesê terwyl hy meerderheidsleier was dat McCarran "een van die mees anti-Semitiese ... een van die mees anti-swart, een van die mees bevooroordeelde mense wat nog in die Senaat gedien het," en bygevoeg dit was sy mening dat McCarran se naam op niks moet wees nie.[9]

Nadat vorige pogings nie geslaag het nie, was daar hernude momentum om die lughawe te hernoem ná die moord op George Floyd en die betogings in die VSA wat daarop gevolg het.[10] Op 16 Februarie 2021 het die Clark County Kommissie eenparig gestem om die lughawe Harry Reid Internasionale Lughawe te hernoem.[11] Reid het sy waardering uitgespreek vir die erkenning ná die stemming.

Lughawe-amptenare het verwag dat die hernoeming $4,2 miljoen sou kos, met geen openbare geld wat vir die koste sou gaan nie. Die lughawe is op 14 Desember 2021 amptelik herdoop na Harry Reid Internasionale Lughawe. Reid, wat terminaal siek was, het nie die hernoemingseremonie persoonlik bygewoon nie. Twee weke nadat die lughawe hernoem is, is Reid op 82-jarige ouderdom oorlede.[12] Die Federale Lugvaartadministrasie het sy amptelike lugvaartkaarte in Junie 2021 bygewerk om die nuwe naam te weerspieël.[13]

Fasiliteite

Aanloopbane

Terminaal 1, wat Gang A en B wys. Gang C strek na regs, buite sig in 2011.
Outomatiese mensevervoerder by Harry Reid in 2011
Nuwe beheertoring in aanbou, Julie 2013

Harry Reid Internasionale Lughawe het vier aanloopbane.[14]

Terminale

Harry Reid Internasionale Lughawe bevat twee terminale en 5 gangen met 'n totaal van 108 hekke. [15] Terminaal 1 is in 1963 voltooi, Terminaal 2 is in 1986 voltooi, en Terminaal 3 is in 2012 voltooi. Voor die voltooiing van Terminaal 3 het Terminaal 2 internasionale vlugte hanteer. Nadat Terminaal 3 voltooi is, het Terminaal 2 oorbodig geword en dit is in 2016 gesloop. Internasionale aankomste word in Terminaal 3 hanteer, en sewe hekke (D19-D26) in Gang D is gekoppel aan die doeanefasiliteit in Terminaal 3.[16]

Landvervoer

Padtoegang na Harry Reid Internasionale Lughawe word verskaf deur Paradise Road in die noorde en deur die Harry Reid Lughawe Connector in die suide, wat met die Las Vegas Beltway verbind.

Lugrederye en bestemmings

Top binnelandse bestemmings

Besigste binnelandse roetes vanaf LAS (September 2021 – Augustus 2022) [17]
RangStadPassasiersRederye
1Los Angeles, Kalifornië1 125 000Alaska, Allegiant, American, Delta, Frontier, JetBlue,
Southwest, Spirit, Sun Country, United
2Denver, Colorado1 038 000Frontier, Southwest, Spirit, United
3Dallas/Fort Worth, Texas902 000American, Frontier, Spirit, Sun Country
4Seattle/Tacoma, Washington865 000Alaska, Delta, Frontier, Southwest, Spirit
5Chicago–O'Hare, Illinois786 000American, Frontier, Southwest, Spirit, United
6Atlanta, Georgia772 000Delta, Frontier, Southwest, Spirit
7Phoenix-Sky Harbor, Arizona748 000American, Frontier, JSX, Spirit, Southwest
8San Diego, Kalifornië674 000Allegiant, American, Frontier, JSX, Southwest, Spirit
9San Francisco, Kalifornië641 000Alaska, Frontier, Southwest, United
10Oakland, Kalifornië608 000Allegiant, Frontier, JSX, Southwest, Spirit
Besigste internasionale roetes na en van LAS (2019) [18]
RangStadPassasiersRederye
1Toronto, Kanada573 308Air Canada, Air Canada Rouge,
Flair Airlines, Swoop, Westjet
2Meksikostad, Meksiko428 331AeroMexico, Interjet, VivaAerobus, Volaris
3Calgary, Kanada391 248Air Canada, WestJet
4Vancouver, Kanada349 941Air Canada, Flair Airlines, Westjet
5Londen-Heathrow, Verenigde Koninkryk342 823British Airways, Virgin Atlantic
6Guadalajara, Meksiko197 442Interjet, Volaris
7Montréal-Trudeau, Kanada187 283Air Canada Rouge
8Londen-Gatwick, Verenigde Koninkryk165 652British Airways, Norwegian Air Shuttle, Virgin Atlantic
9Manchester, Verenigde Koninkryk165 652Thomas Cook Airlines, Virgin Atlantic
10Seoul-Incheon, Suid-Korea125 974Korean Air

Lugdiens markaandeel

Top lugrederye by LAS
(September 2021 - Augustus 2022) [19]
RangLugdiensPassasiersMarkaandeel
1Southwest Airlines16 948 00037,13%
2Spirit Airlines6 293 00013,79%
3Frontier Airlines4 689 00010,27%
4American Airlines4 281 0009,38%
5Delta Air Lines4 267 0009,35%
6Ander lugdienste9 165 00020,08%

Internasionale Lugdienste

Top Internasionale Lugdienste by LAS
(2017)
RangLugdiensPassasiers [20]
1WestJet921 950
2Air Canada Rouge862 403
3British Airways320 580
4Virgin Atlantic284 183
5Aeroméxico200 474
6Volaris176 444
7Thomas Cook Airlines136 291
8Korean Air116 240
9Copa Airlines97 748
Jaarlikse passasiersverkeer by LAS
1997 – hede [21]
JaarPassasiersJaarPassasiersJaarPassasiers
199730 315 094200747 728 414201748 500 194
199830 227 287200844 074 707201849 716 584
199933 715 129200940 469 012201951 537 638
200036 865 893201039 757 359202022 201 479
200135 180 960201141 479 814202139 710 493
200235 009 011201241 667 5962022
200336 265 932201341 857 0592023
200441 441 531201442 885 3502024
200544 267 362201545 389 0742025
200646 193 329201647 435 6402026

Verwysings