Harold Delos Babcock

Harold Delos Babcock (24 Januarie 1882 - 8 April 1968) was 'n Amerikaanse sterrekundige, en die vader van Horace W. Babcock. Hy was van Engelse en Duitse herkoms. [1] Hy is in Edgerton, Wisconsin, gebore voordat hy sy hoërskool loopbaan in Los Angeles voltooi het, en is in 1901 by die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, aanvaar is. [2] Hy het vanaf 1907 tot 1948 by die Mount Wilson-sterrewag gewerk. Hy het in sonspektroskopie gespesialiseer en die verspreiding van magnetiese velde oor die son se oppervlak gekarteer. Saam met sy seun het hy die bestaan van sterk magnetiese velde in sekere sterre bekend gemaak. In 1953 het hy die Bruce-medalje gewen. [3]

Harold Delos Babcock
Gebore24 Januarie 1882
Edgerton, Wisconsin
Oorlede8 April 1968
NasionaliteitAmerikaans
VakgebiedSterrekunde
Instelling(s)Mount Wilson Observatorium
Alma materUniversiteit van Kalifornië, Berkeley
Bekend virSonspektroskopie en magnetiese velde op die son/sterre
Invloed opHorace W. Babcock

Die Babcockkrater op die maan is na hom vernoem, asook die asteroïde 3167 Babcock (gesamentlik na hom en sy seun).

Doodsgetuienisse (orbutuaries)

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels