Hannes Strydom

Suid-Afrikaanse rugbyspeler

Johannes Jacobus 'Hannes' Strydom (13 Julie 1965 in Welkom – 19 November 2023 in Mpumalanga) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat tussen 1993 en 1997 vir die Springbokke op slot uitgedraf het.[1] Hy was 'n lid van die span wat die Rugbywêreldbeker 1995 gewen het. Hy het aan Pearson High School in Port Elizabeth gematrikuleer en die skool se A veld is na hom vernoem.[2] Hy was later 'n apteker in Pretoria en die eienaar van die Pharma Valu-groep van apteke.[3]

Hannes StrydomRugbyportaal
Volle naamJohannes Jacobus Strydom
Geboortedatum(1965-07-13)13 Julie 1965
GeboorteplekWelkom, Suid-Afrika
Sterftedatum19 November 2023 (op 58)
SterfteplekMpumalanga, Suid-Afrika
Lengte1,99 m
Massa115 kg
SkoolPearson High School
UniversiteitUniversiteit van Port Elizabeth
Universiteit van Pretoria
BeroepApteker
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Slot
Springbokno.586
Amateurspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
Tukkies
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
1986–1988
1989–1992
1993–2000
Oostelike Provinsie
Blou Bulle
Goue Leeus
35
23
115
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
JareKlub / spanWeds(pte)
1998–1999Cats
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
1993–1997Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika21(5)
korrek soos op 15 September 2012.

Afsterwe

Hannes Strydom is op 19 November 2023 oorlede in 'n motorvoertuigongeluk in Mpumalanga.[4][5][6]

Toetswedstryde

No.TeenstanderUitslag (SA 1ste)PosisieDrieëDatumPlek
1. Frankryk17–18Slot3 Julie 1993Ellispark, Johannesburg
2. Australië19–12Slot31 Julie 1993Sydney Voetbalstadion, Sydney
3. Australië20–28Slot14 Augustus 1993Ballymorestadion, Brisbane
4. Australië12–19Slot21 Augustus 1993Sydney Voetbalstadion, Sydney
5. Argentinië29–26Slot6 November 1993Estadio Arquitecto Ricardo Etcheverry, Buenos Aires
6. Argentinië52–23Slot13 November 1993Estadio Arquitecto Ricardo Etcheverry, Buenos Aires
7. Engeland15–32Slot4 Junie 1994Loftus Versfeld, Pretoria
8. Australië27–18Slot25 Mei 1995Nuweland, Kaapstad
9. Kanada20–0Slot3 Junie 1995Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth
10. Frankryk19–15Slot17 Junie 1995Kings Park, Durban
11. Nieu-Seeland15–12Slot24 Junie 1995Ellispark, Johannesburg
12. Australië25–19Plaasvervanger3 Augustus 1996Vrystaatstadion, Bloemfontein
13. Nieu-Seeland18–29Plaasvervanger10 Augustus 1996Nuweland, Kaapstad
14. Nieu-Seeland19–23Slot17 Augustus 1996Kings Park, Durban
15. Nieu-Seeland26–33Slot124 Augustus 1996Loftus Versfeld, Pretoria
16. Wallis37–20Plaasvervanger15 Desember 1996Cardiff Arms Park, Cardiff
17. Tonga74–10Slot10 Junie 1997Nuweland, Kaapstad
18. Britse en Ierse Leeus16–25Slot21 Junie 1997Nuweland, Kaapstad
19. Britse en Ierse Leeus15–18Slot28 Junie 1997Kings Park, Durban
20. Britse en Ierse Leeus35–16Slot5 Julie 1997Ellispark, Johannesburg
21. Australië61–22Slot23 Augustus 1997Loftus Versfeld, Pretoria

Verwysings