Han-Chinese

Die Han-Chinese is 'n inheemse etniese groep in Oos-Asië. Hulle maak ongeveer 92% van die Volksrepubliek China se bevolking uit, 93% van Hongkong se bevolking,[30] 92% van Macau se bevolking,[31] 98% van die Republiek China op Taiwan se bevolking, 76,2% van Singapoer se bevolking, 24,5% van Maleisië se bevolking, 15% van Thailand se bevolking en omtrent 19% van die hele globale menslike bevolking wat hulle die grootste etniese groep in die wêreld maak. Die Han-Chinese word as 'n onderafdeling van die Chinese nasie (Zhonghua minzu) beskou. Hulle verwys soms na hulself as Yan Huang Zisun, wat die "seuns van (die god-keisers) Yan en Huang" beteken.

Han-Chinese

Totale bevolking:ca. 1,310 miljard
Belangrike bevolkings  in:Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 1,240 miljard[1]

Vlag van Republiek van China Republiek van China 22 575 365[1]
Vlag van Thailand Thailand 9 349 900[2]
Vlag van Maleisië Maleisië 6 960 000[3][4]
Vlag van Hongkong Hongkong 6 593 410[1]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 3 794 673[5]
Vlag van Indonesië Indonesië 2 832 510[6]
Vlag van Singapoer Singapoer 2 547 300[7]
Vlag van Mianmar Mianmar 1 637 540[8]
Vlag van Kanada Kanada 1 487 580[9]
Vlag van Filippyne Filippyne 1 350 000[10]
Vlag van Peru Peru 1 300 000[11]
Vlag van Kambodja Kambodja 1 180 000[12]
Vlag van Rusland Rusland 998 000[11]
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 898 113[13]
Vlag van Australië Australië 866 200[14]
Vlag van Viëtnam Viëtnam 823 070[15]
Vlag van Japan Japan 655 377[16]
Vlag van Macau Macau 433 641[1]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 433 150[17]
Vlag van Venezuela Venezuela 400 000[18]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 350 000[19]
Vlag van Italië Italië 320 794[20]
Vlag van Frankryk Frankryk 230 515[11]
Vlag van Duitsland Duitsland 204 828[11][21][22]
Vlag van Spanje Spanje 197 214
Vlag van Indië Indië 189 470[11]
Vlag van Laos Laos 185 765[11]
Vlag van Brasilië Brasilië 151 649[11]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 147 510[23]
Vlag van Nederland Nederland 144 928
Vlag van Panama Panama 135 000[24][25]
Vlag van Kuba Kuba 114 240[26]
Vlag van Costa Rica Costa Rica ca. 40 000[1]
Flag of Ireland Ierland 11 218[27]
Flag of Christmas Island Kerseiland ~940[28]

Taal:hoofsaaklik Chinees (Mandaryns), daarbenewens Kantonees
Geloofsoortuiging:Nie-godsdienstige, Chinese volksgodsdiens (insluitend Taoïsme, voorvaderaanbidding en ander), Mahayana-Boeddhisme, Christendom en ander gelowe.[29]
Verwante etniese groepe:Ander Sino-Tibettaanse volke soos Hui-Chinese.
Wêreldwye verspreiding van Han-Chinese in 2010

In Chinees word tussen die Chinese as burgers van albei Chinese lande (Vereenvoudigde Chinees: 中國人 / Tradisionele Chinees: 中国人, Pinyin: Zhōngguórén, letterlik: "Mense uit die sentrale ryke") en die etniese Chinese (漢族人 / 汉族人, Hànzúrén of 漢人 / 汉人, Hànrén, "mens van die Han-volk") onderskei. Bykomend tot die Han-Chinese erken die Volksrepubliek China nog 55 en die Republiek China 14 verdere etniese groepe ("nasionaliteite") amptelik.

Elders in die wêreld woon 3 miljoen mense van Chinese afkoms in die Verenigde State (1% van die bevolking), meer as 1 miljoen in Kanada (3,7%), meer as 1,3 miljoen in Peru (4,3%), meer as 600 000 in Australië (3,5%), byna 150 000 in Nieu-Seeland (3,7%) en meer as 750 000 in Afrika, waaronder 350 000 in Suid-Afrika.[32]

Die belangrikste ondergroepe sluit in:

  • Chuanqing Min (Fuzhouese, Putianese, Hoklo, Teochew)
  • Gan met hul taal Gan
  • Hakka met hul taal Hakka
  • Hunanese
  • Kantonese (Taishanese) met hul taal Kantonees
  • Min met hul taal Min
  • Tanka (Fuzhou Tanka)
  • Wu (Shanghainese) met hul taal Wu
  • Xiang met hul taal Xiang

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels