Grieks-Ortodokse Kerk

Vir die Ortodokse Kerk van Griekeland, sien Kerk van Griekeland.

Die Grieks-Ortodokse Kerk (Grieks: Ελληνορθόδοξη Εκκλησία) is ’n liggaam van verskeie kerke[1] binne die groter Oosters-Ortodokse Kerk. Hulle deel ’n kulturele tradisie en dienste word tradisioneel in die Oud-Griekse vorm Koine[2] gehou wat die taal van die Nuwe Testament was.[3][4] Die huidige gebied van die Kerk sluit in Griekeland, Libanon, Siprus, Turkye, Jordanië, Israel, Egipte, Sirië, Albanië, Ethiopië en Italië.

’n Grieks-Ortodokse kerk in Rotterdam.
Die Grieks-Ortodokse kerk in Dalview, Brakpan.

Kerke

Die kerke waarvoor die term "Grieks-Ortodoks" gebruik word, is:

  • Die vier antieke patriargate:
  • Vier konstituerende kerke van die patriargaat van Konstantinopel:
  • Aartsbisdom van Thyateira en Groot-Brittanje
  • Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Italië
  • Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Amerika
  • Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Australië
  • Ortodokse Kerk van die Berg Sinai
  • Twee Griekse nasionale kerke:

Geskiedenis van die term

Die naam Grieks-Ortodoks is histories ook gebruik vir al die Oosters-Ortodokse Kerke, aangesien die "Grieks" in "Grieks-Ortodoks" kan verwys na die Griekse erfenis in die Bisantynse Ryk.[5][6][7] Die meeste van die groot intellektuele, kulturele en sosiale ontwikkelinge in die Christelike kerk het in die ryk of in sy invloedsfeer plaasgevind. Daarom is die grootste deel van die liturgie, tradisies en praktyke van die kerk van Konstantinopel deur almal aanvaar en dit verskaf steeds die basiese riglyne vir moderne Ortodoksie.[8] Die term "Grieks" is egter van so vroeg as die 10de eeu deur die Slawiese en ander nasionale Ortodokse kerke laat vaar.[9]

Sien ook

Verwysings