Gamma Cephei

Gamma Cephei of γ Cephei (afgekort as Gamma Cep of γ Cep) is ’n dubbelsterstelsel sowat 45  ligjare van die Son af in die sterrebeeld Kefeus (Cepheus). Die primêre komponent, Gamma Cephei A, amptelik bekend as Errai,[6] het ’n sterreklassifikasie van K1 III-IV en is dus ’n oranje subreus. Dit het ’n rooidwergmetgesel, Gamma Cephei B. ’n Eksoplaneet met die naam Gamma Cephei Ab, wat later Tadmor gedoop is, wentel waarskynlik om die primêre ster.

Gamma Cephei
Die ligging van Gamma Cephei (in die rooi sirkel).
Die ligging van Gamma Cephei (in die rooi sirkel).
SterrebeeldKefeus
SpektraaltipeK1 III-IV CN1 / M4 V[1]
SoortDubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming23h 39m 20.852s[2]
Deklinasie+77° 37′ 56.19″[2]
Skynmagnitude (m)3,22
Absolute magnitude (M)-1,31[3]
B-V-kleurindeks 1,03 (A)
U-B-kleurindeks 0,94 (A)
Besonderhede
Massa (M)1,40 ± 0,12 /
0,409 ± 0,018[1]
Radius (R)4,79 ± 0,06 (A)[4]
Ouderdom (jaar)6,6 miljard (A)[5]
Eienskappe
VeranderlikheidVermoed (A)
VeelvoudigheidDubbelster
Ander name
35 Cep, Gl 903, HR 8974, BD +76°928, HD 222404, GCTP 5725.00, SAO 10818, FK5 893, HIP 116727
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Gamma Cephei is die ster wat met die blote oog sigbaar is wat Polaris eindelik sal vervang as die poolster vanweë aksiale presessie. Dit sal omstreeks 3000 n.C. nader as Polaris aan die noordpool wees en sal omstreeks 4000 n.C. op sy naaste aan die pool wees. Omstreeks die 6de millennium n.C. sal dit as poolster vervang word deur Iota Cephei.

Gamma Cephei het ’n skynbare magnitude van 3,22, waarvoor Gamma Cephei A feitlik alleen verantwoordelik is. Die primêre ster is sowat 6,6 miljard jaar oud (gebaseer op sy Fe/H-metaalinhoud)[5] en is aan die wegbeweeg van die hoofreeks. Sedert 1943 dien die ster se spektrum as een van die stabiele verwysingspunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[7]

Gamma Cephei B se massa is omtrent 0,409 keer dié van die Son.[1] Dit is waarskynlik ’n rooidwerg van klas M4 en is 6,2 grade van ’n magnitude dowwer as die primêre ster.[1] Daar word vermoed die twee sterre is ewe oud.

Planeetstelsel

’n Planeet wat om Gamma Cephei A wentel, is aanvanklik in 1988 ontdek deur ’n Kanadese span bestaande uit Bruce Campbell, Gordon Walker en Stephenson Yang.[8] In 1989 het ook Anthony Lawton en P. Wright die bestaan daarvan aangekondig.[9] Dit sou die eerste bevestigde eksoplaneet gewees het wat ontdek is, en die ontdekking was geskoei op dieselfde radialesnelheidstegniek wat later suksesvol deur ander gebruik is. Die aanspraak op die ontdekking is egter in 1992 teruggetrek vanweë die gehalte van die data.

In 2002 is bewyse van die bestaan van die planeet aansienlik versterk deur nuwe metings deur Artie Hatzes en sy samewerkers by die McDonald-sterrewag.[10]

Die Gamma Cephei-stelsel
Planeet of skyf
(vanaf ster)
MassaHalwe lengteas
(AE)
Wentelperiode
(dae)
EksentrisiteitBaanhelling
(°)
Radius
b (Tadmor)≥1,60 ± 0,13 MJ2,044 ± 0,057902,9 ± 3,50,115 ± 0,058

Name

Die ster se Bayer-naam is "Gamma Cephei" en sy Flamsteed-naam "35 Cephei". Die tradisionele naam, "Errai" (ook gespel Er Rai of Alrai) kom van die Arabiese الراعي ar-rā‘ī, "die herder".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Errai" vir die ster Gamma Cephei A goedgekeur[11] omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.

In Julie 2014 het die IAU 'n proses van stapel gestuur om eiename aan sekere eksoplanete te gee[12] deur die publiek vir name te laat stem.[13] In Desember 2015 is aangekondig die wennaam vir Gamma Cephei Ab is "Tadmor".[14] Dit is die antieke Semitiese naam en die Arabiese naam vir die stad Palmyra, 'n Unesco-wêrelderfenisgebied.[15]

Verwysings

Eksterne skakels

23h 39m 20.852s, +77° 37′ 56.10 ″