Gamma Andromedae

Gamma Andromedae (afgekort as γ And), is 'n veelvoudige ster wat sowat 350 ligjare van die Son af geleë is.[9][10] Dit is die derde helderste ligpunt in die sterrebeeld Andromeda.

Gamma Andromedae
Die ligging van Gamma Andromedae (in die rooi sirkel).
Die ligging van Gamma Andromedae (in die rooi sirkel).
SterrebeeldAndromeda
Bayer-naamγ Andromedae A / BC
SpektraaltipeK3IIb (A)[1]
B9,5V/B9,5V (B)
   (spektroskopiese dubbelster)[2]

A0V (C)

SoortVeelvoudige ster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming02h 03m 53.9531s (A)[3] / 02h 03m 54.720s (B)[4]
Deklinasie+42° 19′ 47.009″ (A)[3] / +42° 19′ 51.41″ (B)[4]
Skynmagnitude (m)2,26 (A)[3] / 4,84 (BC),
5,5 (B)
6,3 (C)[5]
Absolute magnitude (M)-2,9 (A) / -0,3 (BC)
B-V-kleurindeks +1,37 (A)[1] / +0,03 (BC)
U-B-kleurindeks +1,58 (A)[1] / -0,12 (BC)
Besonderhede
Radius (R)80 (A)[6]
Ligsterkte (L)2 000 (A)[6]
Temperatuur (K)4 500 (A)[6]
Ander name
A: Almach, Almaach, Almak, Almaak, Alamak, γ1 And, Gamma1 Andromedae, Gamma1 And, γ Andromedae A, γ And A, Gamma Andromedae A, Gamma And A, 57 Andromedae A, 57 And A, STF 205A, ADS 1630 A, BD+41 395, CCDM J02039+4220A, FK5 73, GC 2477, HD 12533, HIP 9640, HR 603, IDS 01578+4151 A, PPM 44721, SAO 37734, WDS 02039+4220A.[3][1][7]
BC: γ2 And, Gamma2 Andromedae, Gamma2 And, γ Andromedae BC, γ And BC, Gamma Andromedae BC, Gamma And BC, 57 Andromedae BC, 57 And BC, HD 12534, HIP 9640, HR 604, SAO 37735, WDS 02039+4220BC.[8]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde
γ1 is ster "A" en γ2 die driedubbele ster regs.

In 1778 het Johann Tobias Mayer ontdek dat γ Andromedae ’n dubbelster is. Wanneer dit deur ’n klein teleskoop waargeneem word, lyk dit soos ’n helder, goudgeel ster (γ1 Andromedae) en ’n dowwer, blouerige ster (γ2 Andromedae) sowat 10 boogsekondes uitmekaar.

γ1 Andromedae staan ook bekend as Almach,[11] tardisioneel die naam van die hele stelsel. Dit is afgelei van die Arabiese woord vir rooikat.[12]

Dit is gewild onder sterrekykers as ’n pragtige dubbelster met ’n treffende kleurkontras.[9][3] Later is ontdek dat γ2 Andromedae self ’n driedubbele sterstelsel is. Wat dus met die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is inderwaarheid ’n stelsel met vier sterre.

Name

γ Andromedae is duidelik sigbaar net bo die teleskoop, in die middel.

Die ster se Bayer-naam is "Gamma Andromedae" en sy Flamsteed-naam "57 Andromedae". Die tradisionele naam, "Almach" (ook gespel Almaach, Almaack, Almak, Almaak of Alamak), kom van die Arabiese العناق al-‘anāq,[13] "die rooikat".[14]

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Almach" vir die ster Gamma Andromedae A goedgekeur[15] omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.

Eienskappe

γ1 Andromedae is ’n helder reusester met ’n sterreklassifikasie van K3 IIb. Dit het ’n skynbare magnitude van sowat 2,26.[1]

γ2 Andromedae, met ’n algehele skynbare magnitude van 4,84,[5] is 9,6 boogsekondes van γ1 Andromedae geleë teen ’n posisiehoek van 63 grade.[7]

In Oktober 1842 het Wilhelm Struve ontdek γ2 Andromedae is self ’n dubbelster waarvan die komponente minder as ’n boogsekonde van mekaar af lê.[13] Hulle het ’n wentelperiode van sowat 64 jaar.[16] Spektrogramme wat tussen 1957 en 1959 geneem is, het onthul γ Andromedae B is self ’n spektroskopiese dubbelster; dit bestaan uit twee B-tipe hoofreekssterre wat om mekaar wentel, met ’n periode van 2,67 dae.[2]

Verwysings

Eksterne skakels

02h 03m 53.9531s, +42° 19′ 47.009″