Galaktitol

chemiese verbinding

Galaktitol (ook dulsitol) is 'n suikeralkohol, die reduksieproduk van galaktose.[1] Dit het 'n effense soet smaak.[1] Mense met 'n tekort aan die ensiem galaktokinase ontwikkel 'n vorm van galaktosemie, waar oortollige galaktitol in die lens van die oog vorm, wat algemeen tot katarakte lei.[2]

Eienskappe

Algemeen

NaamGalaktitol
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule
Molêre massa182.172 g/mol
CAS-nommer608-66-2
Fasegedrag
Smeltpunt
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Galaktitol word uit galaktose gevorm in 'n reaksie wat gekataliseer word deur aldose-reduktase.

Die ander algemene gebrek in galaktosemetabolisme is 'n onderaktiewe galaktose-1-fosfaat-uridilieltransferase-ensiem. Hierdie is 'n outosomale resessiewe toestand, wat ook veroorsaak dat galaktitol opbou as gevolg van verhoogde konsentrasies van galaktose-1-fosfaat en galaktose. Die toestand kan lei tot 'n vergrote milt en lewer, verstandelike gestremdheid, asook die katarakte wat veroorsaak word deur die opbou van galaktitol.

Verwysings