Gaboen

Land aan die weskus van Sentraal-Afrika

Gaboen (Frans: Gabon, [ɡabɔ̃]), amptelik die Gaboenese Republiek (République gabonaise), is 'n land aan die weskus van Sentraal-Afrika. Dit word deur Kameroen, Republiek van die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee en die Golf van Guinee begrens. Gaboen beslaan 'n oppervlakte van 267 667 km² en het 'n bevolking van 2 340 613 in 2022 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Libreville.

Gaboenese Republiek
République gabonaise (Frans)
Vlag van GaboenWapen van Gaboen
VlagWapen
Nasionale leuse: Union, Travail, Justice
(Frans vir: "Unie, Arbeid, Geregtigheid")
Volkslied: La Concorde
(Frans vir: "Die konkord")
Ligging van Gaboen
HoofstadLibreville

0°23′N 9°27′O / 0.383°N 9.450°O / 0.383; 9.450

Grootste stadLibreville
Amptelike taleFrans
Regering

President
• Adjunkpresident
Eerste minister
Unitêre dominante party
presidensiële republiek onder 'n militêre junta
Brice Oligui
vakante pos
Raymond Ndong Sima
Onafhanklikheid
• Republiekwording
• van Frankryk
• Huidige grondwet

28 November 1958
17 Augustus 1960
11 Januarie 2018
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
267 667 km2  (76ste)
103 347 myl2
3,76
Bevolking
 - 2022-skatting
 - Digtheid
 
2 340 613[1] (146ste)
7,9 / km2 (216de)
20,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$41,994 miljard[2]
$19 198[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$21,545 miljard[2]
$9 850[2]

MOI (2021) 0,706[3] (112de)  –  hoog
Gini (2017)38[4] –  medium
GeldeenheidFrank (XAF)
Tydsone
 - Somertyd
WAT (UTC+1)
nie toegepas nie (UTC+1)
Internet-TLD.ga
Skakelkode+241
Nasa-Satellietbeeld van Gaboen
Kaart van Gaboen

Gaboen is deur outokratiese presidente regeer sedert sy onafhanklikheid op 17 Augustus 1960 en het in 1990 met politiese hervormings begin. Oorvloedige ruolie en buitelandse private beleggings het gehelp om van Gaboen een van die voorspoedigste lande in Afrika suid van die Sahara te maak. Sedert 2022 is Gaboen naas Mosambiek, Rwanda en Togo die enigste lidland van die Britse Statebond wat vroeër geen Britse kolonie was nie.[5]

Etimologie

Gaboen se naam is moontlik afgelei van gabão, Portugees vir 'n kapmantel met moue (Engels: hooded cloak with sleeves) wat nagenoeg die vorm van die Komorivier se lang en breë monding naby Libreville sou wees.[6]

Demografie

Daar woon ongeveer 154 000 Europeërs (10% van die bevolking) in Gaboen.

Verwysings

Bronnelys

Algemeen

Bibliografie

Eksterne skakels