Frederick Brownell

Frederick Gordon (Fred) Brownell (8 Maart 1940 – 10 Mei 2019[3]) was 'n Suid-Afrikaanse heraldikus, vlagkundige en genealoog. Hy het onder andere die vlae van Namibië[4] en Suid-Afrika[5] ontwerp, asook heraldiese advies aan die ontwerper van die vlag van Lesotho verleen.[6] Hy is in 2000 met die Orde vir Voortreflike Diens bekroon.

Fred Brownell
Fred Brownell in 2016
Fred Brownell in 2016
Gebore
Frederick Gordon Brownell

(1940-03-08)8 Maart 1940
Sterf10 Mei 2019 (op 79)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepHeraldikus, vlagkundige, genealoog
Bekend virVlae van Suid-Afrika en Namibië[1]
Termyn1982–2002
VoorgangerNorden Hartman
OpvolgerThemba Mabaso
EggenootChristine de Villiers
Kinders3 dogters[2]

Brownell het in 1977 as assistent-staatsheraldikus by die Buro vir Heraldiek begin werk. In 1982 is hy tot Staatsheraldikus bevorder. Hy het in 2002 van die staatsdiens afgetree.

Hy het verskeie wapens en vlae ontwerp, insluitende die wapen en vlag van Namibië in 1990. In 1994 ontwerp hy die nuwe Suid-Afrikaanse vlag, met 'n konvergerende kruis wat die samesnoering van verskillende kulture in een toekomstige Suid-Afrika simboliseer. Hy het later ook die wapens vir die nuwe provinsiale regerings ontwerp en het talle artikels en boeke oor heraldiek en vlae gepubliseer.

Publikasies

  • Brownell, F.G. (1956) The Seeds of Tomorrow: Celebrating One Hundred Years of Service to Commercial Growers and Home Gardeners, 1856–1956
  • Brownell, F.G. (1985) British Immigration to South Africa, 1946–1970
  • Brownell, F.G. (1987) Die Suid-Afrikaanse wapenboek
  • Brownell, F.G. (1987) Die Suid-Afrikaanse Wapenboek: 801 – 1200
  • Brownell, F.G. (1993) Nasionale en provinsiale simbole en flora en fauna-embleme van die Republiek van Suid-Afrika
  • Brownell, F.G. (1993) National and Provincial Symbols and flora and fauna emblems of the Republic of South Africa
  • Brownell, F.G. (1995) National Symbols of the Republic of South Africa
  • Brownell, F.G. (2002) Heraldry of the Church of the Province of Southern Africa

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels