fpGUI

Die Free Pascal GUI Toolkit (of meer algemene naam, fpGUI) is 'n kruisplatform grafiese ontwikkelingshulpmiddel wat ontwerp is deur Graeme Geldenhuys. fpGUI is vry sagteware en oopbronsagteware en is met 'n gemodifiseerde GNU Lesser General Public License (LGPL) gelisensieer. fpGUI is ontwikkel met die Free Pascal kompileerder wat beteken dat dit gebruik maak van die Object Pascal programmeertaal.

fpGUI Toolkit
fpGUI Toolkit logo
OntwikkelaarGraeme Geldenhuys
Aanvanklike vrystelling2006; 18 jaar gelede (2006)
Nuutste weergawev1.4.1/ 2 September 2015; 8 jaar gelede (2015-09-02)
ProgrammeertaalObject Pascal
BedryfstelselUnix/Linux/BSD (X11), Windows, OpenSolaris, ARM-Linux en WinCE toestelle.
KategorieWidget toolkit
LisensieLGPL met uitsondering vir statiese binding
Webbladfpgui.sourceforge.net

fpGUI bestaan net uit grafiese komponente en 'n kruisplatform 2D grafiese programmateek. Dit implementeer geen databasislaag, 3D grafika of XML-ontleder nie. Dit maak ook nie staat op enige groot derde-party programmateek, soos GTK of QT nie. Al die ekstra funksies kom direk van Free Pascal af, deur gebruik te maak van die RTL en FCL wat saam met Free Pascal versprei word.

Geskiedenis

Die eerste weergawe van fpGUI is geskyf deur Sebastian Günther in 2000. Dit is toe later in 2002 afgelas. Daar was nog baie funksies uitstaande in fpGUI voordat die werklik bruikbaar kon wees.

Graeme Geldenhuys het die projek in die middel van 2006 weer begin waar Sebastian jare vroeër opgehou het. Hy het voortgegaan met die ontwikkeling van fpGUI vir die volgende jaar. Drie sub-projekte (fpGFX, fpIMG en fpGUI) is gekombineer in 'n enkele projek: fpGUI. Graeme het die hoeveelheid komponente heelwat vermeerder en die grafiese laag baie verbeter. Die ondersteunde platforms op daardie stadium was Linux en FreeBSD deur middel van X11 (XLib), en Microsoft Windows deur middel van GDI. Na 'n paar maande het Felipe Monteiro de Carvalho die ontwikkelingspan begin help vir ondersteuning met die Windows CE platform, en die uitbreiding van die grafiese ondersteuning en ontwerp. Felipe het ook begin werk op Mac OS X-ondersteuning deur middel van Carbon, maar niks het daarvan gekom nie.

Voorbeeldprogram

Die volgende program toon 'n venster met' n "Sluit"-knoppie in die regter onderste hoek. Op die agtergrond van die venster is al die standaard ingeboude beelde geverf. Hierdie beelde is beskikbaar in enige fpGUI-gebaseerde program.


program stdimglist;{$mode objfpc}{$H+}uses  Classes, SysUtils,  fpg_base, fpg_main, fpg_form, fpg_imgfmt_bmp, fpg_button;type  TMainForm = class(TfpgForm)  private    btnClose: TfpgButton;    procedure   btnCloseClick(Sender: TObject);  protected    procedure   HandlePaint; override;  public    constructor Create(aowner: TComponent); override;    procedure   AfterCreate; override;  end;{ TMainForm }procedure TMainForm.AfterCreate;begin  SetPosition(100,100,700,500);  WindowTitle := 'fpGUI Standard Image Listing';  // Place button in bottom right corner.  btnClose := CreateButton(self, Width-90, Height-35, 75, 'Quit', @btnCloseClick);  btnClose.ImageName := 'stdimg.quit';  btnClose.Anchors := [anRight, anBottom];end;procedure TMainForm.btnCloseClick(Sender: TObject);begin  Close;end;procedure TMainForm.HandlePaint;var  n: integer;  x: TfpgCoord;  y: TfpgCoord;  sl: TStringList;  img: TfpgImage;begin  Canvas.BeginDraw; // begin double buffering  inherited HandlePaint;  sl  := TStringList.Create;  x   := 8;  y   := 8;  fpgImages.ListImages(sl);    for n := 0 to sl.Count-1 do  begin    Canvas.DrawString(x, y, sl[n]+':');        img := TfpgImage(sl.Objects[n]);    if img <> nil then      Canvas.DrawImage(x+130, y, img);    inc(y, img.Height+8);    if y > Height-32 then // largest images are 32 in height    begin      inc(x, 200);      y := 8;    end;  end;  Canvas.EndDraw;  sl.Free;end;constructor TMainForm.Create(aowner: TComponent);begin  inherited Create(aowner);(* PRIOR TO v1.4:  // Place button in bottom right corner.  btnClose := CreateButton(self, Width-90, Height-35, 75, 'Quit', @btnCloseClick);  btnClose.ImageName := 'stdimg.quit';  btnClose.Anchors := [anRight, anBottom];*)end;procedure MainProc;var  frm : TMainForm;begin  fpgApplication.Initialize;  frm := TMainForm.Create(nil);  try    frm.Show;    fpgApplication.Run;  finally    frm.Free;  end;end;begin  MainProc;end.

Hier is 'n skermkiekie van die bogenoemde program onder Linux.

Lisensie

fpGUI word staties gekoppel in programme en is gelisensieer met behulp van 'n aangepaste weergawe van LGPL v2, spesiaal ontwerp om statiese koppeling in eie programme toe te laat. Die enigste bronkode wat mens beskikbaar moet stel, is dié veranderings wat jy gemaak het in fpGUI Toolkit self - niks meer nie.

Sagteware wat gebruik maak van fpGUI

  • Master Maths
    fpGUI Toolkit is gebruik in hul rekenaargebaseerde onderhoud stelsel, as ook in hul basiese boekhou en administratiewe program vir konsessiehouers. fpGUI het gemaak dat hul programme op verskeie bedryfstelsels kan werk.
  • 'n Visuele Skerm Ontwerper (uidesigner)[1]
    Hierdie program is nou deel van die fpGUI projek. Dit laat die ontwikkelaar toe om vinnig nuwe skerms te ontwikkel vir hul sagteware, sonder om sulke bronkode met die hand te skryf.
  • Unimesur en verskeie gereedskap Geargiveer 4 Maart 2009 op Wayback Machine
    Ontwikkel deur Jean-Marc. Die Unimesur program kan die omskakeling van metings en vloei van vloeistowwe en gasse, en die massa en volume-eenhede doen. Alle resultate is bevestig vir akkuraatheid.
  • fpGUI DocView[2]
    'n INF help-lêer kyker wat huidig op Windows, Linux en FreeBSD bedryfstelsels werk. INF is die standaard hulpformaat van fpGUI, en is ook die hulp formaat wat gebruik word in OS/2 en eComStation bedryfstelsels.
  • Free Pascal Toets Stelsel

Verwysings

  • Hierdie artikel is aanvanklik saamgestel deur die Engelse weergawe van Wikipedia te gebruik as 'n beginpunt.