English Electric Lightning

'n supersoniese vegvliegtuig (onderskepper) uit die Koue Oorlog-era.

Die English Electric Lightning is 'n supersoniese vegvliegtuig (onderskepper) uit die Koue Oorlog-era. Dit is ontwerp, ontwikkel en vervaardig deur English Electric, wat later geabsorbeer is deur die nuutgestigte British Aircraft Corporation. Dit is daarna bemark as die BAC Lightning. Die Lightning was die enigste volledig-Britse Mach 2 vegvliegtuig. Die Lightning is gebruik deur die Britse Lugmag (Royal Air Force) en die Koninklike Saoedi Lugmag (RSAF). Alhoewel dit die RAF se primêre onderskepper was vir meer as twee dekades, was dit nooit nodig om 'n ander vliegtuig aan te val nie.

Lightning
Lightning F.3 in 1964
TipeOnderskepper
VervaardigerEnglish Electric, later ook
British Aircraft Corporation
Nooiensvlug4 Augustus 1954 (P.1A)
4 April 1957[1]
VrygestelDesember 1959
Onttrek1988 (RAF)
Statusuit diens gestel
HoofgebruikersBritse Koninklike Lugmag
Koeweitse Lugmag
Koninklike Saoedi Lugmag
Aantal gebou337 (insl. prototipes)[1]
Lightning T.5 XS417 by Newark Lugmuseum
ZU-BEX Electric Lightning T5 langs 'n Jaguar E-type in Kaapstad, Suid-Afrika, in 2002

Die Lightning word aangedryf deur twee Rolls-Royce Avon turbostralerenjins in 'n unieke steiergestapelde installasie in die romp. Dit is ontwikkel om toenemend-kragtiger bomwerpers (Toepolef Tu-16, Toepolef Tu-22, Toepolef Tu-95) te onderskep, en spog dus met 'n uitsonderlike klimkoers, diensplafon en spoed; vlieëniers het 'n vlug hiermee beskryf as "om opgesaal te wees aan 'n vuurpyl". Hierdie prestasie het die Lightning ongelukkig 'n "brandstof-kritiese" vliegtuig gemaak, wat beteken dat sy missies tot 'n groot mate bepaal word deur sy beperkte reikafstand. Latere ontwikkelings bied 'n groter togafstand en spoed saam met lugverkenning- en grondaanvalsvermoë.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die English Electric Lightning:
ItemStatistiek
Aantal motors2
Tipe motorStraalmotor
VervaardigerRolls-Royce Avon 301 turbostraal met nabrander.
Kraglewering per motor7 420 perdekrag
Vlerkspan10,62 m
Lengte16,84 m
Hoogte5,97 m
Vlerkoppervlakte42,97 m2
Normale opstygmassa19 047 kg
Maksimum snelheid2 112 km/h
Operasionele hoogte16 770 m
Togafstand1 290 km
Klimvermoë15 240 m per minuut
BewapeningTwee Red Top of Firebreak infrarooisoekende lug-tot-lug missiele
of twee batterye van 22 50 mm ongeleide vuurpyle.
Twee 30 mm Aden kanonne kan ook in die buik gedra word.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.