Elsas-Lotaringe

Reichsland Elsaß-Lothringen
Elsas-Lotaringe
Land van die Duitse Keiserryk

1871 – 1918
VlagWapenskild
VlagWapenskild
Volkslied
Elsässisches Fahnenlied
Ligging van Elsas-Lotaringe
Ligging van Elsas-Lotaringe
Die ligging van Elsas-Lotaringe in die Duitse Keiserryk
HoofstadStraatsburg
48°40′N 7°00′O / 48.67°N 7°O / 48.67; 7
RegeringProvinsie
Reichsstatthalter
 - 1871–1879Eduard von Möller (eerste)
 - 1918Rudolf Schwander (laaste)
LegislatureLandtag
Historiese eraNuwe Tyd
 - Frans-Duitse Oorlog18701871
 - Verdrag van Frankfurt am Main10 Mei 1871
 - Ontbinding1918
 - Verdrag van Versailles28 Junie 1919
Area
 - 191014 496 km² (5 597 sq mi)
Population
 - 1910 est.1 874 014 
     Density129,3 /km²  (334,8 /sq mi)
Die administratiewe distrikte van Elsas-Lotaringe: Lothringen (Lorraine), Unterelsaß (Basse Alsace) en Oberelsaß (Haute Alsace)

Elsas-Lotaringe (Duits: Reichsland Elsaß-Lothringen, Frans: Alsace-Lorraine) was tussen 1871 en 1918 'n administratiewe gebied van die Duitse Keiserryk wat uit die historiese landskap Elsas (sonder Belfort) en die noordooste van Lotaringe (met Metz) gevorm is. Straatsburg het as administratiewe hoofstad gefungeer.

Die gebied met 'n oppervlakte van sowat 14 500 km² en 'n bevolking van sowat 1 550 000 (1871) en 1 874 000 (1910) is ná die Frans-Duitse Oorlog geannekseer en as sogenaamde Reichsland ('Ryksland') regstreeks deur die Duitse Ryk geadministreer. Dit het sodoende nie dieselfde regtelike status geniet soos ander Duitse deelstate nie.

Volgens die Verdrag van Versailles het die gebied ná die Eerste Wêreldoorlog weer Frans geword. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is Elsas-Lotaringe tussen 1940 en 1945 deur Duitse troepe beset en tussen 1942 en 1945 formeel by die destydse Groot-Duitse Ryk ingelyf.

Elsas-Lotaringe het uit drie distrikte (Duits: Bezirke) bestaan:

  • Neder-Elsas (Duits: Unterelsaß), die huidige département Bas-Rhin van die administratiewe gewes Elsas
  • Bo-Elsas (Duits: Oberelsaß), die huidige département Haut-Rhin van die administratiewe gewes Elsas
  • Lotaringe (Duits: Lothringen), die huidige département Moselle van die administratiewe gewes Lotaringe