Eierstok

’n Eierstok is ’n orgaan wat in die vroulike voortplantingstelsel aangetref word en ’n eiersel vervaardig. Wanneer die eiersel vrygelaat word, beweeg dit deur die eierleier tot in die baarmoeder, waar dit deur ’n spermsel bevrug kan word. Daar is ’n eierstok aan elke kant van die liggaam.

Anatomie van die vroulike geslagsorgane:
1. Eierleier, 2. Fimbriae, 3. Blaas, 4. Skaambeen, 5. Para-uretrale kliere, 6. Urineleier, 7. Klitoris, 8. Vestibulêre bol, 9. Labia minora, 10. Labia majora, 11. Eierstok, 12. Dikderm, 13. Baarmoeder, 14. Forniks, 15. Serviks, 16. Rektum, 17. Vagina 18. Anus 19. Klier van Bartholin

Die eierstokke skei ook hormone af wat ’n rol speel in die menstruasiesiklus en vrugbaarheid. Die eierstokke gaan deur baie fases, van voor die vrou se geboorte tot tydens die menopouse. Dit is ook ’n endokriene klier as gevolg van die verskeie hormone wat dit afskei.[1]

Verwysings