Dracaena
Dracaena is 'n genus van sowat 120 spesies bome en vetplantagtige struike.[2] Die voorheen aanvaarde genusse Pleomele en Sansevieria word nou in Dracaena ingesluit.
Dracaena | |
---|---|
Dracaena draco is die drakebloedboom van die Kanariese Eilande. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asparagaceae |
Subfamilie: | Nolinoideae |
Genus: | Dracaena Vand. ex L.[1] |
Sinonieme[1] | |
|
In die huidige weergawe van die Lys van Stelsels van Planttaksonomie word dit geplaas in die familie Asparagaceae,[3] subfamilie Nolinoideae (voorheen die familie Ruscaceae).[4][5] Dit is ook voorheen geplaas in die familie Dracaenaceae of Agavaceae (nou Agavoideae).
Die meeste spesies is inheems aan van Afrika en Suid-Asië tot Noord-Australië, met twee spesies in tropiese Sentraal-Amerika.
Beskrywing
Spesies van Dracaena het sekondêre verdikte teelweefsel in hulle stam wat verskil van dié van tweesaadlobbige plante. Dracaena-spesies kan in twee groeitipes verdeel word: boomagtiges (byvoorbeeld D. fragrans, D. draco en D. cinnabari), wat bogrondse stamme het, en wortelstokvormendes (byvoorbeeld D. trifasciata en D. angolensis), wat ondergrondse wortelstokke en blare op die oppervlak het.
Baie spesies word as huisplante gebruik omdat hulle met min lig en water kan oorleef.[6]
Gebruike
Sommige struikagtige soorte, soos D. fragrans, D. surculosa, D. marginata en D. sanderiana, is gewilde huisplante. Baie van hulle is giftig vir troeteldiere, maar nie mense nie, onder meer volgens die Amerikaanse Dierebeskermingsvereniging.
Dracaena-huisplante hou van humiditeit en middelmatige hoeveelhede water. Hulle kan tydperke van droogte deurstaan, maar die blare se punte kan bruin word.[7] Blare naby die stam raak van nature geel raak en val af, en dit lei tot 'n kaal stam met blare aan die bokant.[7] Dracaena is kwesbaar vir wit- en dopluise.[7]
'n Natuurlike rooi gom word van die D. draco, die drakebloedboom, versamel. Dit het ook sosiale funksies in baie Afrika-gemeenskappe deurdat dit gebruik word vir die merk van grafte, heilige terreine en landerye.[8]
In Suid-Afrika
- Die kleinblaardrakeboom (D. mannii) is 'n mediumgroot boom wat in die noorde van KwaZulu-Natal, in die omgewing van Mtunzini en ook by Kosibaai voorkom.[9]
- Die wolkbergdrakeboom (D. transvaalensis) is 'n mediumgroot boom wat in die Olifantsriviervallei naby Penge in Limpopo en die aangrensende Wolkberg voorkom. Dit lyk baie soos 'n aalwyn en is seldsaam.[9]
- Die grootblaardrakeboom (D. aletriformis) is 'n klein boom wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom.
Verwysings
Nog leesstof
- Waterhouse, J. T. (1987). "The phylogenetic significance of Dracaena-type growth". Proceedings of the Linnean Society of New South Wales. 109: 129–138.
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dracaena.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.