Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit

Dr Beyers Naudé
Kaart van Suid-Afrika wat Dr Beyers Naudé in Oos-Kaap aandui
ProvinsieOos-Kaap
DistriksmunisipaliteitSarah Baartman
TipePlaaslike Munisipaliteit
Munisipale kodeEC101
BurgemeesterDeon de Vos (ANC)
HoofstadGraaff-Reinet
Grootste taleAfrikaans, Xhosa, Engels
Area28 653 km²  
Bevolking79 291 (2011)

Die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit is 'n nuwe Plaaslike Munisipaliteit in die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit het ontstaan deur die samesmelting van Baviaans, Camdeboo en Ikwezi Plaaslike Munisipaliteit na die plaaslike munisipale verkiesings van 3 Augustus 2016. In daardie verkiesing het die ANC 51,05% van die stemme gekry en 14 setels, die DA 46,59% en 13 setels, en die EFF 1,74% en geen setels.

Nedersettings

Nedersettings in die munisipaliteit: