Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum

Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum
'n Beeld van die museum.
Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum

Vorige naamAfrican Window
PlekPretoria
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Tipe museumKultuurhistories
WebtuisteDitsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum

Die Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum, in Visagiestraat, Pretoria, ook bekend as die African Window, is geleë in die ou Muntgebou, wes van die Stadsaal van Pretoria. Die museum se uitstallings vertoon die kulturele diversiteit van Suid-Afrika. Dit huisves uitstallings van rotstekeninge en gravures van die Sanmense, ystertydperkfigure uit Schroda in die Limpopoprovinsie en 'n kunsgalery van kulturele voorwerpe, handwerk, beeldhouwerk en skilderye, wat 'n oorsig van die Suid-Afrikaanse kultuur bied.[1]

Geskiedenis

Die museum is op 1 Maart 1997 geopen. Op 1 April 1999 het die museum met die Transvaal Museum vir Natuurgeskiedenis en die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum vir Militêre Geskiedenis (in Johannesburg) saamgesmelt om die Northern Flagship Institution te vorm.

Versamelings

Die museum se versamelings sluit in argeologiese materiaal, historiese dokumente, museumargiewe, en kontemporêre en historiese oudiovisuele materiaal.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

25°45′12″S 28°11′4″O / 25.75333°S 28.18444°O / -25.75333; 28.18444