Delta Crucis

Delta Crucis (δ Crucis, afgekort as Delta Cru of δ Cru) is ’n ster in die suidelike sterrebeeld Suiderkruis (Crux). Dit het ’n skynbare magnitude van 2,79 en is sowat 345 ligjare van die Son af. Dit is die dofste van die vier helder sterre wat die asterisme Suiderkruis vorm. Delta Crucis het ’n groot massa, hoë temperatuur en vinnige rotasiespoed, en is besig om in ’n reusester te ontwikkel.

Delta Crucis
Die Suiderkruis, met Delta Crucis regs.
Die Suiderkruis, met Delta Crucis regs.
SterrebeeldSuiderkruis
SpektraaltipeB2 IV[1]
SoortSubreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h 15m 08.71673s[2]
Deklinasie-58° 44′ 56.1369″[2]
Skynmagnitude (m)2,79[3]
Absolute magnitude (M)-3,2[4]
B-V-kleurindeks -0,235[5]
U-B-kleurindeks -0,921[5]
Besonderhede
Massa (M)8,9 ± 0,1[6]
Radius (R)8[7]
Ligsterkte (L)10 000[4]
Ouderdom (jaar)18,1 ± 3,2 miljoen[6]
Temperatuur (K)22 570 ± 1 840[8]
Rotasiespoed (km/s)210[9]
Eienskappe
Veranderlikheidβ Cep[10]
Ander name
CD-58 4466, FK5 455, HD 106490, HIP 59747, HR 4656, SAO 239791.[11]
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Eienskappe

Die ster het ’n sterreklassifikasie van B2 IV,[1] en is dus ’n subreus wat van die hoofreeks af wegbeweeg. Ná sy rooireusfase sal dit ’n witdwerg word. Sy ligsterkte is tans 10 000 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur 22 570 K;[4] dit gee daaraan die blouwit skynsel van ’n B-tipe ster.[12]

Delta Crucis is ’n sterk kandidaat-Beta Cephei-veranderlike[10] wat sy helderheid met ’n periode van 1,3 uur subtiel verander. Sy rotasiesnelheid is baie vinnig: sowat 210 km s-1.[9]

Verwysings

Eksterne skakels

12h 15m 08.71673s, −58° 44′ 56.1369″